Bloemfontein Verander Area
  • Vandag

    18°C / 5°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    23°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    25°C / 14°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    28°C / 15°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Dinsdag

    27°C / 15°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Woensdag

    27°C / 16°C

    Wind 32km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 15%


Wegner terug; Ferreira oorsee

Hendrik Cronjé
Dinsdag 13 Mei 2014
Carl Wegner in ’n stryd vir Stade Français. Foto: Getty Images

BLOEMFONTEIN. – Carl Wegner kom huis toe.

Die gewese slot van die Jong Bokkies sal hom reeds voor die Curriebeker-rugbyreeks by die Vrystaat-Cheetahs aansluit.

Hy vervang Andries Ferreira in die Cheetahs se groep. Ferreira gaan vir die Italiaanse klubspan Zebre speel.

Die sportagent BC du Plessis het aan Volksblad bevestig die 23-jarige Wegner sal tot einde 2015 vir die Cheetahs beskikbaar wees.

Dit beteken dat hulle in die komende Curriebeker-reeks uit slotte soos Francois Uys, Lood de Jager, Wegner en Waltie Vermeulen sal kan kies.

Uys het ook onlangs sy kontrak tot Oktober 2016 by die Cheetahs verleng.

Die veelsydige Oupa Mohoje het ook al gewys dat hy gemaklik op slot is, hoewel hy sy beste spel langs die kant van die skrum lewer.

Wegner het hom in 2012 van die Cheetahs by Stade Français aangesluit. Voor sy skuif, het hy goeie spel vir die Vrystaters gelewer en is sy besluit toe as ’n reuse-terugslag beskou.

Met slotte van gehalte soos Alexandre Flanquart, Scott LaValla, Gerhard Mostert, Pascal Papé, Anton van Zyl en Juan Cruz Guillemain het Wegner nie die wedstrydtyd by Stade Français gekry waarop hy gehoop het nie.

Hy het wel as ’n speler en ’n mens ontwikkel en sal die seun van die voormalige Vrystaatse haker, wyle Callie Wegner, met sy lengte (2.01 m) en gewig (117 kg) waardevolle diepte as ’n slot aan die Cheetahs bied.

Wegner sal Uys en De Jager terselfdertyd op hul tone hou.

Ferreira, wat sy skouer voor die Superrugby-wedstryd teen die Western Force beseer het, soek meer speelkans en hoop om dit by Zebre te kry.

Hy moes hier by die Cheetahs in die skadu van De Jager speel. Beserings het Ferreira ook verhinder om vir hom ’n gereelde plek in die Cheetahs se beginspan te bespreek.



  • gholf

    Teater van drome

  • rugby

    Bryan vertrou op Saru

  • rugby

    Shakes wil hakskene wys vir Cheetahs

  • rugby

    Leeus trap Pumas

  • rugby

    Tyd vir wenrugby, Bulle

  • rugby

    Franse geldrugby al eeu lank turksvy

  • rugby

    WP soek voltal

  • meersport

    Jordy verja spook vir titel

  • rugby

    Perses wil tuishalfeind bespreek

  • rubrieke

    Ondersteuners het proesel gekry

  • rubrieke

    Pluimpie vir Richie, geelkaart vir Kieran

  • rugby

    Dis Heyneke se besluit - Oupa

  • meersport

    Irene: Ikoon en rolmodel

  • TV-hoogtepunte: 20 September

  • Uitslae: 19 September

  • krieket

    Knights vereer Rilee

  • rugby

    JP se selfvertroue groei – Franco

  • rugby

    Juan ‘sal wys hy’s Super-reg’

  • rugby

    Vlok gee WP skop

  • rugby

    Haaie wil aanval op Loftus

  • rugby

    ‘Familie’ word vyande

  • rugby

    Jono Bulle se 5de leier

  • rugby

    Luiperds grom weer vir Bulldogs

  • krieket

    Cobras kry blye nuus ná besering

  • sokker

    Vyfster, Duitsers

  • gholf

    Cheyenne kom slyp in SA Ope

  • rubrieke

    Champagne wil Blatter-doppie klink

  • rugby

    Spanmaats nou teenstanders

  • rugby

    Brasilië kom leer rugby speel in SA

  • TV-hoogtepunte: 19 September

  • rugby

    WP gee groentjies kans teen Griekwas

  • rugby

    Leeus hoop op gelukkige Vrydag die 13de

  • rugby

    Schalk gee Bokke opsies

  • rugby

    Witwarm katgeveg wag

  • rugby

    Hoe gemaak om weer die Webb Ellis-beker te wen?

  • sokker

    Gerrard wys hoe

  • rugby

    100 nie uit nie

  • rugby

    Bokke roep Schalk Burger nader

  • rugby

    Groenewald op bank vir Cheetahs