Bloemfontein Verander Area
  • Vandag

    18°C / 5°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    23°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Sondag

    25°C / 13°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Maandag

    28°C / 15°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Dinsdag

    28°C / 16°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Woensdag

    30°C / 16°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%


Brummer se skepdoel toe rekord

Gerdie Karstens
Dinsdag 13 Mei 2014
Wedstrydwenner. Die Griekwas-losskakel Francois Brummer is ’n speler vir die groot geleenthede. Hy is ’n sleutelspeler in Vrydag se eindstryd. Foto: Louis Botha | Gallo Images

BLOEMFONTEIN. – Die Griekwas-losskakel Francois Brummer sal Vrydag in die eindstryd van die Vodacombeker-reeks teen die Goue Leeus met ’n Suid-Afrikaanse rekord agter sy naam in Kimberley op die veld draf.

SA Rugby se statistikus, Eddie Grieb, het aan Volksblad bevestig dat die skepdoel wat Brummer in die 20ste sekonde van die eerste helfte teen die Pumas in Nelspruit deur die pale gejaag het, die vinnigste tot nog in Suid-Afrikaanse rugby is. Die vorige SA rekord vir die vinnigste skepdoel in ’n wedstryd is deur Willem de Waal gehou.

De Waal het op 22 September 2009 as destydse Vrystaat-losskakel 22 sekondes ná die afskop ’n skepdoel in sy span se Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie deurgejaag.

In die halfeindstryd het Brummer egter die nuwe rekordhouer geword toe hy kort na die afskop in die kol was.

Sy rekord kon selfs beter daarna uitgesien het as die bal nie eers die dwarsbalk getref het voor dit oorgebons het nie.

“Ek het nooit eers geweet dat die skepdoel ’n nasionale rekord is nie. Dis in die video-sessie ter voorbereiding vir die Leeus-stryd die eerste keer aan my genoem.

“Daardie skepdoel het bloot op instink plaasgevind. ’n Mens beplan nie sulke dinge vooraf nie. Hoe kan jy?” het Brummer gesê.

Sover vasgestel kan word is sy skepdoel die vyfde vinnigste in wêreldrugby.

Volgens Grieb se statistiek het net vier ander spelers die bal vinniger as Brummer deur middel van ’n skepdoel deur die pale gejaag. Jez Harris het in 1994 vir Leicester teen Northampton een in 12 sekondes deurgejaag, terwyl die Kanadees Bobby Ross in 1997 teen Wallis een in 16 sekondes deurgeklits het.

In 2008 het Chris Malone vir Harlequins teen Wasps sy poging in die 17de sekonde beklink, terwyl Peter Hewat in 2009 in die eindstryd van die Engelse Premierliga vir London Irish teen Leicester een in 19 sekondes deurgesit het.

“As die geleentheid hom teen die Goue Leeus voordoen, sal ek dit beslis met albei hande aangryp. In halfeind- en eindstryde tel punte. Drie punte word later ses, ses word later nege. So wen ’n mens eindstryde,” het Brummer gesê.

Laasgenoemde sal beslis een van die Poubloues se staatmakers teen die Leeus wees. Hy het juis in 2009 vir die Blou Bulle in die eindstryd teen Griekwas en in die Curriebeker-reeks teen die Bulle in 2012 ge drop, geplace en gescore en beskik dus oor genoegsame ervaring van druksituasies.



  • krieket

    Knights vereer Rilee

  • rugby

    JP se selfvertroue groei – Franco

  • rugby

    Juan ‘sal wys hy’s Super-reg’

  • rugby

    Vlok gee WP skop

  • rugby

    Haaie wil aanval op Loftus

  • rugby

    ‘Familie’ word vyande

  • rugby

    Jono Bulle se 5de leier

  • rugby

    Luiperds grom weer vir Bulldogs

  • krieket

    Cobras kry blye nuus ná besering

  • sokker

    Vyfster, Duitsers

  • gholf

    Cheyenne kom slyp in SA Ope

  • rubrieke

    Champagne wil Blatter-doppie klink

  • rugby

    Spanmaats nou teenstanders

  • rugby

    Brasilië kom leer rugby speel in SA

  • TV-hoogtepunte: 19 September

  • Uitslae: 18 September

  • rugby

    WP gee groentjies kans teen Griekwas

  • rugby

    Leeus hoop op gelukkige Vrydag die 13de

  • rugby

    Schalk gee Bokke opsies

  • rugby

    Witwarm katgeveg wag

  • rugby

    Hoe gemaak om weer die Webb Ellis-beker te wen?

  • sokker

    Gerrard wys hoe

  • rugby

    100 nie uit nie

  • rugby

    Bokke roep Schalk Burger nader

  • rugby

    Groenewald op bank vir Cheetahs

  • rugby

    WP se Scarra stel weer sy rugbyvisier in

  • rugby

    Wehr glo hy kan gedy in GW-trui

  • rugby

    Flo 8 weke uit

  • rugby

    Toulon dreig Bokke

  • rugby

    Oersond kies Franna, André

  • meersport

    Skotse storm dreig

  • sokker

    Loting: Pellegrini knor

  • krieket

    Piedt kry sy groot kans met wit bal

  • rugby

    Carlos laat Bosbeer los teen Vrystaat

  • Uitslae: 16 September

  • TV-hoogtepunte: 17 September

  • rugby

    Uys-hulle troon uit bo res in CB

  • rugby

    Jaco: Vuurwerk was alles vir Ma

  • rugby

    Bulle hou asem op oor duo

  • rugby

    Haaie teiken Bul-wapens

  • meersport

    Zandberg self verbaas ná Rio-vuurwerk