Bloemfontein Verander Area
  • Vandag

    14°C / 5°C

    Wind 27km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    19°C / 6°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Maandag

    20°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    22°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Woensdag

    22°C / 7°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Donderdag

    24°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%


Aggressiewe skaap met slagtande vat roofdiere vas

Mariska Spoormaker
Dinsdag 01 April 2014

GRAAFF-REINET. – Besonderhede oor ’n skaapram met slagtande én die aggressiewe aard van die Asiatiese mouflon (oer-skaap) is Maandag hier bekend gemaak.

Kortliks kom dit daarop neer dat ’n skaap geteel is wat kan terugveg teen roofdiere.

Dié ongewone dier is deur jare se kruisteling tussen plaaslike merino’s en onder meer oer-skape soos die mouflon, argali en urial opgelewer, het prof. Ian April van die Oos-Europese Fuls-landbounavorsinginstituut verduidelik.

April het 15 jaar lank ten nouste onder die strengste geheimhouding met kleinveeboere in die Camdeboo-distrik saamgewerk. Die naam van die plaas waar hy aangehou word, mag nie genoem word nie.

Volgens April het sy belangstelling in só ’n skaap begin toe sy kollega, dr. Skid Speck, ná ’n Suid-Afrikaanse besoek ’n verslag oor die geweldige roofdierprobleem op Karoo-plase ingedien het.

“Dit was dus die gulde geleentheid om met biologiese innovasie te eksperimenteer,” het April gesê.

Die grootste uitdaging, het hy verder verduidelik, was om die inskiklike en sterk kudde-instink uit die Suid-Afrikaanse skaap geteel te kry.

“Selfs twaalf telings verder het dit nog moeilik gegaan.”

Dis noodsaaklik om die sterk kudde-instink te vernietig, want sodra gevaar dreig, bondel die skape saam en maak dit die “wegneemete” vir die rooikat of jakkals dus net makliker.

“Dit blyk inderdaad dat kruisteling baie vinniger fisieke verandering as gedragsverandering by die skaap bring,” het prof. Uitgev Ang van die Europese DW Ase Institute bygevoeg, “want ná vier kruistelings het die toetsramme al tande begin wys.

“Maar sodra ons kunsmatige gevaar geskep het, het daai ramme met slagtande de lot in die bondel gehardloop.”

Die teelprogram is juis ter wille van groter nasaat-opbrengs op ramme gemik. Tog kon die eerste stel toetsramme volgens April g’n ooi haaraf maak nie omdat hulle weens hul langer tande verwerp is. “Maar hierdie ram – sy naam is Rambo-Romeo – het die regte balans tussen passie én aggressiwiteit. Hy vat nie nee vir ’n antwoord nie. Sy nasate sal wel verkoop kan word.”

Wat roofdier-teenaanvalle betref, wys April daarop dat die navorsers wél intussen ’n rooikat in die “slagtand-ram” se kampie vrygelaat het.

“Daardie kat se vel hang nou teen my muur. Ek is tevrede, ek glo die program het gewerk.”

Besoek www.storielieg.ai vir nader besonderhede

● Dit is vandag 1 April.



  • Boere met ’n ander hart . . .

  • misdaad

    Verkragting bly spook by dokter

  • misdaad

    Leerkrag stap vry, verlig uit hof

  • Heuwels Fantasties, Navi Redd: Studentepret kan lei tot sukses

  • misdaad

    Sambok-man uit op borgtog

  • wereld

    Eisjlike bierpakke nou in Texas

  • omgewing

    Twee op renoster-sending

  • wetenskap

    Vervoer-app is ‘Uber’-effektief

  • Beeld van fliekgehalte en 3D

  • wetenskap

    iPad met groter skerm dalk gou op pad

  • Speaker 'moet plan laat vaar om EFF te skors'

  • Gauteng bibber

  • misdaad

    Man verbied om eks dop te hou

  • Bus vol kinders in sloot na bestuurder hartaanval kry

  • 30 minute . . . toe verdaag Nkandla-komitee

  • misdaad

    Onderwyser onskuldig

  • ​Minki weer ma

  • ‘Niks weggevat van Afrikaanse krieketkykers’

  • misdaad

    Sy het soos ‘ ’n sweepslag’ geval

  • ondersoeke

    Zuma kry in hof bloedneus oor spioenasiebande

  • ondersoeke

    Niemand bo wet verhewe, sê Zille ná sege

  • Man beloof R10 000 vir hond se terugkeer

  • ondersoeke

    DA roep Valke in oor grond

  • politiek

    ‘NVG groter krisis as Nkandla’

  • Pta-straat se naam dalk Mao Zedong

  • AfriForum tree in bres vir adv. Thuli

  • ondersoeke

    Weermag-tenders laat wenkbroue lig

  • onderwys

    Moenie met uitslae lol, sê Fedsas

  • misdaad

    ‘Hy lieg sover dit hom pas’

  • Bloemfonteiner beste redenaar in land

  • ‘Beste koerant’

  • Dié wenners kan kaartjies afhaal

  • misdaad

    Inbrekers raak al hoe slimmer

  • Geskenke en bederfies om te kies en te keur

  • Kerk begin lente met fietsfees

  • ‘Oscar-speurder’ ontken skuld

  • Klagte teen Gwede ingedien oor Thuli

  • Drie kerngetuies onttrek aan Sereti-kommissie

  • DA tree nader om Zuma weer in hof te kry

  • ondersoeke

    Valke kan maar na ambulans-tender kyk, sê Malakoane

  • omgewing

    Terrace die woestynleeu geskiet

  • owereld

    Toe is dit ’n eier in ’n eier

  • Kerke wil weet hoe dink jongmense in SA deesdae

  • ‘Liewe Heksie, ons sal jou mis’

  • wereld

    Minder kyk na Emmys op TV