Bloemfontein Verander Area
  • Vandag

    18°C / 5°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    23°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    25°C / 14°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    28°C / 15°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Dinsdag

    27°C / 15°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Woensdag

    27°C / 16°C

    Wind 32km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 15%


Poubloues 2 Leeus ryker

Bezuidenhout, Meyer op pad na Kby

Gerdie Karstens
Dinsdag 21 Januarie 2014

GRIEKWAS het die diens van twee Leeu-staatmakers vir die Vodacombeker- en Curriebeker-reeks bekom.

Die haker Martin Bezuidenhout en die skrumskakel Tian Meyer, wat albei sterk aanspraakmakers op insluiting in die Cheetahs se Super-span sal wees, sluit hulle later vandeesweek in die Diamantstad aan.

Die Poubloues het hulle as plaasvervangers vir onderskeidelik Matt Dobson en Ruan Snyman gekontrakteer.

Dobson, wat die afgelope paar seisoene Ryno Barnes se adjudant op haker was, het ’n kontrak losgeslaan om in Engeland te gaan klubrugby speel. Snyman, wat vir die Franse klub Racing Metro speel, is beseer en daar is twyfel oor sy deelname vir die Poubloues. Hy sou hom in Junie vir die Curriebeker-reeks by Griekwas aangemeld het, maar Meyer sal in sy plek op skrumskakel help diepte verskaf.

Bezuidenhout sal voorlangs die vuur help stook.

“Ons wag nog vir Matt Dobson om aan te dui waar hy gaan speel, maar ons het verneem hy is op pad oorsee. Ons is werklik bly om iemand van Martin Bezuidenhout se gehalte in sy plek te kontrakteer.

“Ruan se koms is 99% seker en ons het ’n mondelinge ooreenkoms dat hy hom wel tot ons gaan verbind. Ons wag net dat hy sy kontrak onderteken. “Albei behoort later in die week by ons aan te sluit,” het Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, gister gesê.

Bezuidenhout, wat ook Super-rugby vir die Stormers gespeel het, sal met sy koms nie net goeie mededinging vir Simon West-raadt wees nie, maar Barnes ook op sy tone hou. Dieselfde geld Meyer wat met sy uithaler-spel beslis die ander skrumskakels in die groep, Dustin Jinka en Ntando Kebe, onder druk sal plaas.

Met hul aansluiting in die Diamantstad sal albei dadelik saam met hul nuwe spanmaats begin slyp en sal hulle ook die beplande toer na die Oos-Kaap onderneem.

Die Poubloues se Vodacombeker-afrigter, Peter Engledow, het die afgelope naweek in sy span se losmaker teen die Cheetahs se B-span op Shimlapark heelwat wys geword, maar hy sal Bezuidenhout en Meyer beslis die geleentheid gee om hulself te bewys.

Albei kan op die toer in die vriendskaplike wedstryd teen die OP-Kings kans kry om hul kleim in die beginspan af te steek.



  • ‘Help ons,’ vra Riah

  • ‘Ons bid hulle is nou saam’

  • misdaad

    Moorde in VS minder

  • omgewing

    Wegholbrande se tol al hoe hoër

  • omgewing

    Brand vir haar ’n nuwe begin, sê vrou

  • omgewing

    ‘Ons huis is dood,’ sê kind ná brand

  • onderwys

    Jansen wou glo Hay se man ook by UV weg hê

  • misdaad

    Man oor vrou in vrieskas gestraf

  • ​2 van SA hoor, sien glo sabotasie-vliegtuig

  • 'Demone wil Joshua vernietig'

  • Skotte kry wel meer mag

  • Marcus kritiseer regering só

  • onderwys

    Ouers sluit skool se hekke oor watertekort

  • misdaad

    Blaser kry R10 000 in eis ná belediging

  • Kos-en-kunsmark bied onvlugting

  • Nicki Minaj ten volle betaal vir gekanselleerde SA fees

  • misdaad

    Misdaadsyfers: Hoe veilig is my provinsie?

  • #MisdaadSA: Hoe lyk die tendense?

  • misdaad

    Wes-Kaap: Moordsyfer skok, seksmisdaad neem af

  • misdaad

    'Gewelddadige SA samelewing moet verander'

  • Toename in kontakmisdade kommerwekkend - Phiyega

  • Nuusdag met Niekie: Skotte stem 'nee'

  • Skotland sê nee vir onafhanklikheid

  • Pa, seun en werker sterf in vlam-hel

  • Uys roer Kovsies op gradeplegtigheid

  • Lagos: 17 van SA steeds vermis

  • misdaad

    Meisie (14) verkrag, doodgeskiet

  • ‘ ’n Taal sonder perke’

  • Student gaan langs oupa begrawe word

  • wetenskap

    Boeing se taxi na die ruimte gaan sitplek vir jou hê

  • June Steenkamp vertel haar storie

  • misdaad

    Parool vir Du Preez: Hof sê nee

  • wereld

    Hulle voel soos oorSkot

  • politiek

    Doen die basiese reg, sê president

  • Shivambu sê hy trek sy vinger terug

  • ‘Soos perde wat galop’ toe gebou val

  • R40m in die water gegooi

  • Zuma ‘moet self getuig’

  • politiek

    Vrae oor ANC-hoës se belange

  • onderwys

    Hoës moet self opdok, sê Colditz

  • Verslagspan ryg nóg pryse in

  • Joost daag jou op Braaidag uit

  • misdaad

    Rooftogte in boekjaar dalk meer

  • Sjeik se vele vroue

  • Hoewe-eienaar raadop oor plakkers

  • Besoek ons nuwe webtuiste

  • Nigerië-tragedie: 'Dit was scary'

  • Nuusdag met Niekie: Kop-aan kop-referendum

  • Australië fnuik glo 'demonstrasiemoord'-komplot

  • Boervrou sterf aan brandwonde

  • Cyril het 30 wonings in Jhb, 2 in Kaapstad

  • gesondheid

    Gesondheidskrisis: Batho se kliniek in skokkende toestand

  • Bekende in byekringe sterf ná kankerstryd

  • Gesin verloor alles toe huis afbrand

  • Inwoners se krag sonder waarskuwing afgesny

  • Koerante kry blink nuwe baadjie

  • wereld

    Skotland: Dis ’n taai gelykopstryd tussen ja en nee

  • gesondheid

    UV maak deurbraak met bobbejaanhart

  • Colditz, UV se paaie skei

  • misdaad

    ‘Syfers moet stand van misdaad aandui’

  • gesondheid

    Boer se lyk moet verseël word weens Kongokoors

  • Kongo-koors eis boer in Bloem

  • politiek

    SAUK se Ellen kry dit hotagter uit nóg 'n oord

  • misdaad

    Tandarts skuldig aan seksdade met seun

  • Gesin verloor al hul besittings in brand

  • politiek

    Beraad moet munisipaliteite reg ruk

  • Lagos: SA slaggereed om te gaan help

  • Replika van Madiba se tronksel nou te sien

  • ondersoeke

    Plaasaanvalle: MRK wil van werkers hoor

  • ondersoeke

    Drukgroep dalk hof toe oor kritiek op OB

  • SC-status aan Mpofu toegestaan

  • onderwys

    MP3-speler help jong kinders leer in klaskamer

  • ondersoeke

    Zuma se derde vrou kap SAUK

  • wetenskap

    Parabot bal vuis teen stropers

  • onderwys

    Moeilike huistaal-vrae verstom

  • misdaad

    Besteel deur ‘groen man’

  • misdaad

    Man ry met koeël in neus na hospitaal

  • onderwys

    Christen-skole samel geld in

  • omgewing

    Osoonlaag herstel goed

  • Zuma lei beraad oor swak diens

  • Gesin moet student groet ná kêrel na sy dood spring