Bloemfontein Verander Area
  • Vandag

    18°C / 6°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    22°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Sondag

    20°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Maandag

    20°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Dinsdag

    16°C / 5°C

    Wind 23km/h

    Reënval 1.4mm

    Humiditeit 45%


Hofsaak hervat vandag

Griekwastad: 'n Samevatting tot nou

charne kemp
Maandag 02 September 2013
Op Goeie Vrydag, 6 April 2012, is die Paasnaweek versplinter toe ’n Noord-Kaapse boer, Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en dogter Marthella (14), in hul plaashuis op Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet is. Die enigste oorlewende van die treurspel was die egpaar se seun, die 15-jarige Don.

DIE raaiselagtige Steenkamp-moorde is vandeesweek weer in die kollig met die moordverhoor wat vandag in die Kimberleyse Hooggeregshof hervat word.

Op Goeie Vrydag, 6 April 2012 is ’n Noord-Kaapse boer, Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en dogter Marthella (14), in hul plaashuis op Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet. Die enigste oorlewende van die treurspel is die egpaar se seun, die 15-jarige Don.

Deon Steenkamp was 'n suksesvolle en vermoënde boer en hy en sy kinders was ook nasionale pensteekruiters. Christel Steenkamp was ’n ywerige sakevrou wat pas haar eie tuisnywerheid, Scrumptilicious, gestig het.

Sy het haar laaste SMS om 18:34 gestuur. Deon en Marthella het na die TV-program Vetkoekpaleis gekyk. Omstreeks 18:47 het ’n minderjarige seun die moorde by die plaaslike polisiekantoor aangemeld. Die seun, wat na bewering in die skuur was, het twee wapens, ’n .357-rewolwer en ’n .22 geweer by die plaashek opgetel, waarna hy dorp toe gery het. Hy het glo bloed op sy lyf en krapmerke aan sy keel gehad.

Die plaaslike polisie het Deon se lyk op sy maag by die eetkamertafel gekry. Hy het verskeie koeëlwonde gehad, daar was sleepmerke op die vloer regs van sy kop, en patroondoppies om sy lyk. Marthella en haar ma het langs mekaar in teenoorgestelde rigtings gelê. Marthella, wat vier keer geskiet is, se groen hemp en donker kortbroek was met bloed deurdrenk. Haar ma het op haar maag by die rekenaar gelê. Om hulle het nog patroondoppies, sandale en selfone gelê. Gelaaide gewere en kontant is in die oop kluis gevind. Daar was geen tekens van inbraak of vermiste goedere nie. Die seun se bebloede geskeurde T-hemp is in 'n kamer gevind.

’n Week na die tragedie het Volksblad berig dat ’n minderjarige seun verdink word. Hy is in Mei deur die ondersoekbeampte, kol. Dick de Waal, ingelig dat hy die hoofverdagte is.

Op 21 Augustus 2012 is die minderjarige seun by sy skool in Bloemfontein in hegtenis geneem. Hy het daarna op Griekwastad in die landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord. Die seun is op borgtog van R5000 vrygelaat. Die staat se appèl hierteen het misluk. Die seun se skoolbeheerliggaam het intussen besluit dat hy eerder tuisonderrig moet ontvang.

'n Familievriend is intussen as die tienerseun se voog aangestel.

Op 11 Maart 2013 het die verhoor in die hooggeregshof in Kimberley begin. Die seun het skuld ontken op drie aanklagte van moord, die verkragting van Marthella en regsverydeling. In die eerste twee weke is getuienis van die eerste polisiemanne op die toneel, inwoners  en familielede aangehoor. Ao. André McAnda, die misdaadtoneelondersoekspan se bevelvoerder, het getuig hoe hy bewyse versamel het. Kol. de Waal het  getuig het oor sy ondersoek en emosionele wroeging oor ’n 15-jarige  verdagte.

Adv. Hannes Cloete, vir die staat, het meer as 90 getuies wat hy moontlik kan roep. Die verdediging (Stoffel de Jager en advv. Willem Coetzee en Sharon Erasmus), voer aan dat daar moontlik ander mense op die toneel was.

Die Noord-Kaapse regterpresident, Frans Kgomo, sit op die bank.

 

 

 



  • Trok brand in VS

  • Kameelperd dood toe nek teen brug kap

  • EFF gaan Johannesburg tot stilstand bring, waarsku Juju

  • Leeuboer se manewales op die lappe

  • Video: Kaal vrou streel Mandela-beeld

  • Verarmde bejaardes mag klasaksie teen Transnet instel

  • Ebola: Noodtoestand in Sierra Leone

  • ‘Moenie my mamma skiet nie’

  • Twee bejaardes brand dood

  • Géén bom in winkelsentrum

  • Rugbyster vertel van ‘demoon’

  • Springbokke haal rekordpryse

  • OG maan oor ‘onbekwame bestuurders’

  • Plek in kitskos-ry het haar seun byna sy lewe gekos, sê ma

  • Nie enkele skoon oudit in VS

  • ‘Cheetahs hét konsultante’

  • Skoon oudits bly droom in NK

  • Inbrake: Taakspan kom nie

  • Nog glashelder op 100

  • ‘Beste wense’ – PW

  • Artikels van Elvis Presley opgeveil

  • Viljoen te siek vir eerbewys

  • ‘Ryno’ speel sewe karakters!

  • Sweetie Pie weer terug op rakke

  • Atoombom-vlug se laaste lid sterf

  • Spoel dit weg, sê vlugkelner

  • Kommer heers oor kardiologie

  • Kby-vrou hou insameling vir omgeesentrum

  • ‘Prokureur’ van VS in hegtenis

  • Boer vrygespreek ná beweerde plaasaanval

  • So by my kool, is duur groente Noakes se skuld?

  • AfriForum in hof sodat drie munisipaliteite se ligte kan brand

  • Vrou tot nog 5 j. gevonnis weens bedrog

  • Ebola-virus ruk in Wes-Afrika handuit

  • Nog ’n olifant binne 2 maande in Kruger-park geskiet

  • Lente is in die lug!

  • UV-klagte en Volksblad-verweer

  • Hier is nog matriek-uitblinkers

  • ‘Nuwe SA leuen as als Engels word’

  • Leeu-operasies help getalle beheer

  • Twee modelle jaggewere herroep

  • Ietermagog nou ernstig bedreig

  • Vinger na regering gewys oor grotte

  • Sleehonde ‘is soos kinders’ – organisasie

  • 2 Pakistanse mans met R76 000 se perlemoen gevang

  • Kinders betoog in Jhb: 4 hospitaal toe

  • Kallis klaar met internasionale krieket

  • Twee seuntjies toe nié vermoor

  • Chad-hulle oortref verwagtinge

  • ‘Besluit was nie myne’

  • Bfn-vrou gevonnis weens bedrog

  • Jong man van Bfn sterf ná komplikasies van griepvirus

  • Kerk moet stem oor Belhar

  • Skolekrieket: Meer kwotaspelers vereis

  • Sporthelde terug in SA

  • Man op kort afstand in kop geskiet

  • Verbruikers sal sak vir krag skud

  • Steyn skryf vir VB

  • Bfn-roos op pad na Duitsland

  • Wen deel van R50 000

  • Volksblad se omslagprys styg

  • Kaalbas op TV dié gier

  • Skole se water, krag dalk afgesny

  • Bylman se verhoor uitgestel

  • Donker dae wag dalk híér in VS

  • Boervrou sterf in ongeluk

  • Komplekse verhouding bekyk

  • Laaste kans om in te skryf

  • Hoe stupid kan jy wees?!

  • Korrupsie het ’n bose kringloop

  • SUT-studente hou optog

  • Mantashe oor Zuma se dogter

  • Vliegtuig dalk wel bo Mali neergeskiet

  • Zuma om "verstaanbare redes op sy waaksaamste"

  • Ondersoek beampte gebyt?

  • Man in Porsche skop, slaan ander motor; dam bestuurder by

  • Man voor restaurant doodgeskiet

  • Vier VS se trots ná sege op Statebondspele

  • Vleuel maak opslae met stelskop van 80 m

  • Boewe laat Bfn sidder

  • MH17 straks oorlogsmisdaad

  • ANC-LP’s ‘moet liefs swyg’

  • Man (55) kry opgeskorte vonnis ná seks met skoolmeisie (15)

  • Afrikaleiers op pad na Obama

  • Kenner sê oor langste stelskoppe in Vrystaat

  • Duisende in polisie ‘nie bevoeg’

  • Tutu in Bfn vir WVK

  • Beweerde aanval op student in hof beskryf

  • Indiërs wil Graeme Pollock help

  • SA weer voorste toetsland

  • Reitz-boer dood 18 dae ná aanval

  • Gestremdes ontvang tabletrekenaars

  • Tweede verdagte in hof ná plaasaanval

  • Vier moet hul werk hervat, gelas hof

  • Oud-Bloemfonteiner, vriend amper gekaap

  • Kry binnekort jou feeskaartjies

  • Vrae in NK ná eerste renoster gestroop is

  • Dele van VS dalk tóg sonder krag

  • Twee se verhoor kan nie begin

  • Kango-grotte se geldsake bekyk

  • Inskrywings sluit môre

  • Drie jong mense sterf in ongeluk met bakkie

  • Smulkos op Volksblad se mark

  • Skote klap eeu gelede

  • ’n Militêre stert wat die politieke hond rondswaai

  • Vliegtuig tref twee op strand

  • Polisie in Irak kry 15 lyke

  • Bergpiek eis nóg 2 klimmers

  • Weerlig tref 9, een sterf

  • Vrou met bom slaan toe; drie sterf in Nigerië

  • Chad se ma verras oor ‘haar medalje’

  • Man in geveg dood

  • NGK ná halfeeu weer deel van WRK

  • Dominee in pajamas vang drie boewe flink

  • Nkandla dalk tóg ondersoek

  • Gevegte kelder besoek by vlug MH17

  • NG Kerk bly oor planne teen plaasmoorde

  • Ses by Bfn oor skape gevang

  • Grondkopers moet dalk ras registreer

  • Soet herinneringe

  • Oud-Bul Roets oorleef rooftog

  • Unieke genetika op wildveiling

  • Man by eetplek in Bfn aangeval

  • Tyd min vir matrieks om in te skryf

  • Sandra en Oskar op die planke in Kimberley

  • Vrou vertel van ‘yskoue gevoel’ in biblioteek

  • Groot depot van Transnet open op dorp

  • Twee kom hul moses teë in Kruger

  • Beraad in 2016 oor vigs in SA gehou

  • Israel verwerp Hamas se aanbod vir skietstilstand

  • Zille stel standpunt oor Midde-Ooste

  • MRK verwerp Bridges se klagtes

  • Ebola-virus eis eerste Liberiese geneesheer

  • Rebelle ontvoer Kameroen-hoë se vrou