Bloemfontein Verander Area
  • Vandag

    18°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 40%

  • Donderdag

    19°C / 6°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Vrydag

    21°C / 9°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Saterdag

    21°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Sondag

    21°C / 9°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Maandag

    22°C / 11°C

    Wind 28km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Slot 4 keer gesteek

GW se Adendorf ‘gelukkig hy leef’

Gerdie Karstens en Lecrecia Prins
Maandag 26 Augustus 2013
Hennie van der Merwe (links), president van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie, en Arni van Rooyen, Griekwas se uitvoerende hoof, loop gister uit die Mediclinic Kimberley nadat hulle die slot, Jonathan Adendorf, besoek het. Adendorf is Saterdag buite ’n kuierplek in Kimberley met ’n mes gesteek. Foto: emile hendricks

KIMBERLEY. – “Hy is gelukkig hy leef.”

Só het Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, gereageer nadat hy oor die welstand van die slot Jonathan Adendorf uitgevra is.

Adendorf sterk tans in die Mediclinic Kimberley aan nadat hy Saterdagaand na afloop van die Poubloues se Curriebeker-wedstryd teen Westelike Provinsie buite ’n plaaslike kuierplek eers beroof en daarna vier keer met ’n mes gesteek is.

Adendorf en Griekwas se fisioterapeut, Lance Lemmetjies, het Kim by Night saam met hul metgeselle verlaat, waarna Adendorf op pad na sy motor bygedam is.

“Van wat ons verstaan, het Lance iemand buite die kuierplek raakgeloop en ’n geselsie aangeknoop terwyl Jonathan solank vooruit na sy motor gestap het.

“Op pad soontoe het iemand hom glo met ’n harde voorwerp oor die kop geslaan en sy sakke is deurgevoel terwyl hy half bewusteloos op die grond gelê het.

“Daarna is hy vier keer met ’n mes gesteek. Met een van die steekslae is sy long geperforeer.

“Vir ons is dit ’n geweldige skok. Mens verwag nie dat só iets in Kimberley gebeur nie,” het Van Rooyen gister gesê.

Adendorf is glo kort na afloop van die aanval deur ’n verbyganger na die hospitaal geneem, waar hy sedertdien aansterk.

Van Rooyen en die president van die Griekwaland-Wes-rugbyunie (GWRU), Hennie van der Merwe, het Adendorf gister besoek. Griekwas se afrigter, Pote Human, het hom reeds Sondag besoek.

“Uit ’n rugby-oogpunt is dit ’n geweldige slag vir ons wat die Curriebeker-reeks betref. Daar bestaan ’n moontlikheid dat Jaco Nepgen die volgende paar wedstryde kan misloop en nou is Jonathan ook nog vir minstens ses weke buite aksie.

“Ons sit dus met ’n slot-krisis voordat ons die Vrystaat- Cheetahs Saterdag in Bloemfontein die stryd moet aansê,” het Van Rooyen gesê.

Omdat Adendorf ná die aanval reguit hospitaal toe is, is daar nog geen klag by die polisie aanhangig gemaak nie.

Hy behoort egter vandag die polisie oor die voorval in kennis te stel.



  • ‘Besluit was nie myne’

  • Jong man van Bfn sterf ná komplikasies van griepvirus

  • Kerk moet stem oor Belhar

  • Skolekrieket: Meer kwotaspelers vereis

  • Sporthelde terug in SA

  • Man op kort afstand in kop geskiet

  • Verbruikers sal sak vir krag skud

  • Steyn skryf vir VB

  • Bfn-roos op pad na Duitsland

  • Wen deel van R50 000

  • Volksblad se omslagprys styg

  • Kaalbas op TV dié gier

  • Skole se water, krag dalk afgesny

  • Bylman se verhoor uitgestel

  • Donker dae wag dalk híér in VS

  • Boervrou sterf in ongeluk

  • Komplekse verhouding bekyk

  • Laaste kans om in te skryf

  • Hoe stupid kan jy wees?!

  • Korrupsie het ’n bose kringloop

  • SUT-studente hou optog

  • Mantashe oor Zuma se dogter

  • Vliegtuig dalk wel bo Mali neergeskiet

  • Zuma om "verstaanbare redes op sy waaksaamste"

  • Ondersoek beampte gebyt?

  • Man in Porsche skop, slaan ander motor; dam bestuurder by

  • Man voor restaurant doodgeskiet

  • Vier VS se trots ná sege op Statebondspele

  • Vleuel maak opslae met stelskop van 80 m

  • Boewe laat Bfn sidder

  • MH17 straks oorlogsmisdaad

  • ANC-LP’s ‘moet liefs swyg’

  • Man (55) kry opgeskorte vonnis ná seks met skoolmeisie (15)

  • Afrikaleiers op pad na Obama

  • Kenner sê oor langste stelskoppe in Vrystaat

  • Duisende in polisie ‘nie bevoeg’

  • Tutu in Bfn vir WVK

  • Beweerde aanval op student in hof beskryf

  • Indiërs wil Graeme Pollock help

  • SA weer voorste toetsland

  • Reitz-boer dood 18 dae ná aanval

  • Gestremdes ontvang tabletrekenaars

  • Tweede verdagte in hof ná plaasaanval

  • Vier moet hul werk hervat, gelas hof

  • Oud-Bloemfonteiner, vriend amper gekaap

  • Kry binnekort jou feeskaartjies

  • Vrae in NK ná eerste renoster gestroop is

  • Dele van VS dalk tóg sonder krag

  • Twee se verhoor kan nie begin

  • Kango-grotte se geldsake bekyk

  • Inskrywings sluit môre

  • Drie jong mense sterf in ongeluk met bakkie

  • Smulkos op Volksblad se mark

  • Skote klap eeu gelede

  • ’n Militêre stert wat die politieke hond rondswaai

  • Vliegtuig tref twee op strand

  • Polisie in Irak kry 15 lyke

  • Bergpiek eis nóg 2 klimmers

  • Weerlig tref 9, een sterf

  • Vrou met bom slaan toe; drie sterf in Nigerië

  • ‘Treintoer-man’ se vrou vandag in die hof

  • Verkragter kry opgeskorte vonnis

  • Boer sterf 18 dae ná aanval

  • Motorfietsryer wat glo vir polisie weggejaag het, bots toe teen motor

  • Man in tronk adverteer huis

  • Chad se ma verras oor ‘haar medalje’

  • Man in geveg dood

  • NGK ná halfeeu weer deel van WRK

  • Dominee in pajamas vang drie boewe flink

  • Nkandla dalk tóg ondersoek

  • Gevegte kelder besoek by vlug MH17

  • NG Kerk bly oor planne teen plaasmoorde

  • Ses by Bfn oor skape gevang

  • Grondkopers moet dalk ras registreer

  • Soet herinneringe

  • Oud-Bul Roets oorleef rooftog

  • Unieke genetika op wildveiling

  • Man by eetplek in Bfn aangeval

  • Tyd min vir matrieks om in te skryf

  • Sandra en Oskar op die planke in Kimberley

  • Vrou vertel van ‘yskoue gevoel’ in biblioteek

  • Groot depot van Transnet open op dorp

  • Twee kom hul moses teë in Kruger

  • Beraad in 2016 oor vigs in SA gehou

  • Israel verwerp Hamas se aanbod vir skietstilstand

  • Zille stel standpunt oor Midde-Ooste

  • MRK verwerp Bridges se klagtes

  • Ebola-virus eis eerste Liberiese geneesheer

  • Rebelle ontvoer Kameroen-hoë se vrou

  • Vrou gee Bybel vir aanvaller in hof

  • Storm bars los oor Zuma se dogter

  • 'Moor wéér ná parool'

  • Hy bedrieg glo al jare lank met toere

  • Eindtye ‘is nie nou hier nie’

  • Almal vra: ‘Wie is Hlaudi?’

  • Oorloë, konflik tussen nasies ‘nie uniek’

  • Noord-Kaapse lugdiens verlaag sy vliegkaartjiepryse

  • Koos en Kerkorrel vat voor

  • Voggies kry skuld vir manne se bakleiery

  • Kalahari se Karolis dink gróót

  • Dié nare emosie ook honde se kruis

  • Skootskoffel in die hotel

  • Aanvaller het ‘geen respek’

  • Oor die stem van ’n vrou . . .

  • Bfn-koor bekoor gehore in Wallis

  • Man ná maande nog vermis

  • ‘Vlieënde huisvrou’ oorlede

  • Passasier bel haar pa ná vliegtuigramp

  • Vliegtuig het glo weens slegte weer in Mali geval

  • Geloof is binne én buite die kerk te vind

  • Met só ’n app kan jy daardie gesogte parkeerplek kry

  • Opgrawings in Kathu laat oë rek

  • 'Kry my daar, en vinnig!'

  • Wat eet Farinha die kragman?

  • Toe Kiolynn se lippies swart-blou verkleur...

  • Oppas vir dié slenter

  • Nog 'n groep vals huiskopers

  • Bakkie probeer saam vrou by motorhuis inry