Bepalings en Voorwaardes

2009-07-31 10:29

HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES IS BINDEND EN REGTENS AFDWINGBAAR TEENOOR ALLE PERSONE (GEBRUIKERS) WAT DIE VOLKSBLAD WEBTUISTE OF ENIGE DEEL DAARVAN (DIE VOLKSBLAD WEBTUISTE) GEBRUIK IN TERME VAN ARTIKEL 21 VAN DIE WET OP ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE EN TRANSAKSIES VAN 2002.
DIEGENE WAT DIE VOLKSBLAD WEBWERF OM WATTER REDE OOK AL GEBRUIK, ONDERWERP HULSELF AAN EN STEM TOE TOT DIE BEPALINGS, VOORWAARDES EN PRIVAATHEIDSBELEID VAN VOLKSBLAD SOOS HIERONDER UITEENGESIT.

'N AFSKRIF VAN DIE EKT WET KAN AFGELAAI WORD BY:
http://www.polity.org.za/pdf/ElectronicCommunications.pdf

DEFINISIES EN INTERPRETASIE

a.    Verwysings na die Volksblad webtuiste of inhoud sluit in enige deel daarvan;
b.    Verwysings na die gebruiker(s) verwys na enige persoon wat die Volksblad webtuiste besoek, nieteenstaande die feit dat só 'n person slegs die tuisblad van die Volksblad webtuiste besoek het;
c.    Verwysings na die enkelvoud sluit die meervoud in, en andersom; en
d.    Buiten dat skakels binne hierdie bepalings en voorwaardes na kopiereg kennisgewings en wetgewing as deel van hierdie bepalings en voorwaardes beskou moet word, ingevolge afdeling 11 van die EKT Wet, sal die feit dat sommige van of al hierdie skakels nie-operasioneel mag wees, nie 'n rol speel in die geldigheid en interpretasie van hierdie bepalings en voorwaardes nie.
 

1.    ALGEMEEN
1.1    Volksblad, Suid-Afrika se voorste Internet nuusdiens, bied die jongste nuus van reg rondom die wêreld, 24 uur per dag aan. Met 'n klem op Suid-Afrikaanse en Afrika-nuus, bied Volksblad omvattende Engelse en Afrikaanse dekking van algemene nuus, besigheidsnuus, sportnuus en ander groot areas van belang. Buiten hoë-kwaliteit nuus, bied Volksblad 'n reeks addisionele interaktiewe dienste aan.
1.2    Volksbladinhoudvennootskappe binne Naspers sluit in Volksblad, Volksblad, Volksblad, Rapport, City Press, Finweek. Ander verskaffers van inligting is The Natal Witness, Reuters, Associated Press, Sapa, ECNA en AFP (deur Sapa), Pana en African Eye News Service. Agentskappe wat nie geaffilieer is aan Media24 nie, het hul eie bepalings en voorwaardes, en gebruikers word verbind tot daardie bepalings en voorwaardes as inhoud op die Volksblad webtuiste oorspronklik van sulke agentskappe afkomstig is.
    

2.    GOEDGEKEURDE GEBRUIK EN LISENSIE
2.1.    Volksblad lisensiëer die gebruiker om die inhoud van die Volksblad webtuiste te besigtig, kopiëer, aflaai en te druk, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
     2.1.1    Sulke inhoud mag slegs gebruik word vir persoonlike, opvoedkundige en/of nie-kommersiële doeleindes; en
     2.1.2    Enige herproduksie of kopie van inhoud vanaf die Volksblad webtuiste sluit in die volgende kopiereg: © Volksblad 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
2.2    Inhoud van die Volksblad webtuiste mag nie gebruik of uitgebuit word vir enige kommersiële en nie-private doeleindes nie, sonder die voorafgaande geskrewe toestemming van Volksblad nie.
2.3    Gebruikers mag slegs die Volksblad webtuiste gebruik en toegang daarna verkry vir wettige doeleindes.
2.4    Die gebruik van die Volksblad webtuiste se inhoud in elektroniese "clipping" dienste of verpersoonlikde nuusdienste sal slegs toegelaat word indien sulke elektroniese dienste of verpersoonlikde nuusdienste:
     2.4.1    Nie die hele artikel kopiëer of aanbied soos dit op die Volksblad webtuiste verskyn nie, en slegs 'n opsomming van die artikel se inhoud bied;
     2.4.2    Volksblad erken as die bron van die inhoud;
     2.4.3    'n Korrekte en werkende skakel bied na die bron van die inhoud of artikel op die Volksblad webtuiste;
     2.4.4    Skrywers, joernaliste, fotograwe en derde party agentskappe erken soos hulle op die Volksblad webtuiste erken word; en
     2.4.5    Die datum waarop die inhoud van die Volksblad webtuiste gebruik is in die opsomming van die inhoud insluit.
2.5    Die berging (caching) van die Volksblad webtuiste sal slegs toegelaat word indien:
     2.5.1    Die doel van die berging is om die verdere verspreiding van die Volksblad webtuiste se inhoud meer effektief te maak;
     2.5.2    Die gebergte inhoud mag nie op enige moontlike manier aangepas word nie;
     2.5.3    Die gebergte inhoud moet ten minste elke 12 (twaalf) uur bygewerk word; en
     2.5.4    Die gebergte inhoud verwyder of opdateer word indienVolksblad dit sou vereis.
2.6    Indien enige persoon inhoud van die Volksblad webtuiste gebruik op 'n wyse teenstrydig met die voorwaardes hierin uitengesit:
     2.6.1    Behou Volksblad die reg om skadevergoeding te eis van só 'n persoon; en
     2.6.2    Sal Volksblad nie aanspreeklik gehou word, op enige moontlike manier, vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid as gevolg van só 'n persoon, of enige derde party, se gebruik van sulke inhoud nie.
2.7    Hiperskakels na die Volksblad webtuiste vanaf enige ander bron, sal na die tuisblad van die Volksblad webtuiste verwys. 
Volksblad sal nie op enige moontlike manier aanspreeklik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid as gevolg van die gebruik van Volksblad se inhoud nie, indien toegang tot sulke inhoud verkry is deur ‘n hiperskakel wat nie direk na die Volksblad webtuiste se tuisblad skakel nie. 
Persone wat skakels wil skep na inhoud wat nie op die tuisblad van die Volksblad webtuiste verskyn nie, doen dit op eie risiko, maar hulle onderneem om Volksblad te vrywaar teen enige verlies, aanspreeklikheid of skade, wat 'n gevolg mag wees van die gebruik van inhoud op die Volksblad webtuiste, indien toegang tot sulke inhoud verkry is deur middel van 'n hiperskakel wat nie direk na die tuisblad van die Volksblad webtuiste skakel nie.
Volksblad is nie aanspreeklik vir diep skakeling (deep linking) aangesien diep skakels nie aan hierdie bepalings en voorwardes onderhewig is nie.
2.8    Gebruikers mag klein en redelike hoeveelhede inhoud wat beskikbaar is op Volksblad aanhaal, slegs onder die volgende voorwaardes: só 'n aanhaling moet binne aanhalingstekens geplaas word; die skrywer moet erken word;  en 'n hiperskakel na die aangehaalde inhoud moet as 'n voetnota tot só 'n aanhaling geplaas word.
2.9    Geen persoon mag op enige manier die Volksblad webtuiste binne 'n ander webwerf raam sonder Volksblad se voorafgaande geskrewe toestemming nie.
2.10    Buiten bona-fide soekenjinoperateurs en die gebruik van die soekfassiliteite wat op die Volksblad webtuiste vir gebruikers aangebied word, mag geen persoon enige tegnologie of aanwendings (insluitende webkruipers of webspinnekoppe) gebruik of probeer om te gebruik, om inhoud van die Volksblad webtuiste vir enige doeleindes te deursoek of kopiëer, sonder die voorafgaande geskrewe toestemming van Volksblad nie.
2.11    Alle lisensies en/of toestemmings wat toegestaan word in terme van hierdie klousule 2 word aangebied op 'n nie-eksklusiewe en nie-oordraagbare basis en mag ter enige tyd deur Volksblad getermineer of gekanselleer word, sonder om redes daarvoor te bied.
 
 
3.    INTELLEKTUELE EIENDOMSREG EN DOMEINNAAM GEBRUIK
3.1    Alle intellektuele eiendom op die Volksblad webtuiste, insluitende maar nie beperk tot die: inhoud, ontwerpselemente, sagteware, databasisse, teks, grafika, ikone en hiperskakels, is die eiendom van of gelisensiëer aan Volksblad, en as sulks word dit teen skending beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing en ooreenkomste. 
Onderworpe aan die regte wat in klousule 2 gelisensiëer is, word alle ander regte op intellektuele eiendom op die Volksblad webtuiste absoluut voorbehou.
3.2    "Volksblad" is 'n geregistreerde handelsmerk en gebruikers onderneem om nie die Volksblad handelsmerk of die "24" handelsmerk as 'n element van 'n domeinnaam of subdomeinnaam te gebruik nie, ondanks die feit dat só 'n domeinnaam gebruik mag word of die registrasie daarvan toegelaat mag word, in terme van handelsmerk an/of konstitusionele wette. 
Indien ‘n gebruiker gevra word om dit te doen, sal hy/sy onmiddelik die gebruik van sulke domeinname staak en dit oordra aan Media24 Bpk, op die gebruiker se onkoste.
 
 
4.    SAGTEWARE EN TOERUSTING
Dit is die gebruiker se verantwoordelikheid om aan te skaf en te onderhou, op sy/haar eie onkoste, die rekenaar hardeware, sagteware, lyne en rekeninge nodig om toegang te verkry tot die Internet en die Volksblad webtuiste.
 
 
5.     VERKLARINGS VEREIS DEUR AFDELING 43 VAN DIE EKT WET
     Toegang tot die dienste en inhoud beskikbaar op die Volksblad webtuiste word geklassifiseer as "elektroniese transaksies" in terme van die EKT Wet, dus het gebruikers die regte gedetailleerd in Hoofstuk 7 van die Wet, en Volksblad is verplig om die volgende inligting te verklaar:
     5.1    Die volle naam en wetlike status van die webtuiste eienaar: Volksblad, 'n afdeling van Media24 Bpk, Reg. No. 1950/038385/06;
     5.2    Straatadres: Nasperssentrum, Heerengracht 40, Kaapstad, 8000;
     5.3    Posadres: Posbus 2271, Kaapstad, 8000;
     5.4    Fisiese adres vir ontvangs van wetlike dienste: Volksblad, 14de vloer, Nasperssentrum, Heerengracht, Kaapstad, 8000;
     5.5    Kernbesigheid: Volksblad en Media24 Bpk se kernbesigheid is die voorsiening van nuusinhoud, opvoedkundige inhoud en vermaaklikheidsinhoud;
     5.6    Die adresse van die Volksblad webtuiste is: www.Volksblad.com en www.Volksblad.co.za;

     5.7     Lidmaatskap van self-regulerende of akkreditasie entiteite: Volksblad is 'n lid van die "Online Publishers Association (OPA)" en hou by die standaarde soos uiteengesit deur die Advertensie Standaarde Owerheid (ASO);
     5.8    Volksblad se gedragskodes: Volksblad se redaksionele beleid stem ooreen met die praktyke soos uiteengesit in die Republiek van Suid-Afrika se Grondwet.
     5.9    Die handleiding van die eienaar van die Volksblad webtuiste wat volgens afdeling 51 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000) voorberei is, kan afgelaai word by: http://www.naspers.com/pdfs/access_eng.pdf;

     5.10    Bestuur: Die identiteite en kontakbesonderhede van die Volksblad bestuurspan is beskikbaar by http://www.Volksblad.com;

     5.11    Media24 Bpk se bestuursinligting is beskikbaar by: http://www.media24.co.za/;

     5.12    Koste: Toegang tot die Volksblad webtuiste se inhoud is gratis vir enige persoon wat hou by hierdie bepalings en voorwaardes. Toegang tot sommige bladsye op die Volksblad webtuiste mag beperk word tot persone wat geregistreer het deur die "Ek wil inteken" funksie en/of persone wat intekenare is van Volksblad, Volksblad of Volksblad. Nieteenstaande die voorafgaande mag Volksblad in die toekoms fooie aan toegang tot die Volksblad webtuiste heg;
     5.13    Alternatiewe geskil resolusie: Onderhewig aan dringende en/of tussentydse verligting, alle geskille rakende:
          5.13.1    Toegang tot die Volksblad webtuiste;
          5.13.2    Probleme om toegang tot die Volksblad webtuiste te kry;
          5.13.3    Die dienste en inhoud beskikbaar op die Volksblad webtuiste; of
          5.13.4    Hierdie bepalings en voorwaardes,
     
sal verwys word na arbitrasie in terme van die versnelde prosesse van die Arbitrasie Stigting van Suid-Afrika, en sulke arbitrasie verrigtinge sal in Kaapstad, in Engels geskied. Die arbitrasie uitspraak sal finaal wees en die onsuksesvolle party sal die koste van die suksesvolle party betaal op 'n skaal soos díe tussen prokureur en eie kliënt. Die reëls van die Arbitrasie Stigting van Suid-Afrika mag afgelaai word by die volgende webtuiste: http://www.arbitration.co.za;

     5.14    Afkoelperiode: So ver as prakties moontlik het gebruikers die reg om dienste wat deur die Volksblad webtuiste aangebied word binne 7 (sewe) dae terug te gee indien sulke goedere of dienste nie gelys word in afdeling 42 van die EKT Wet nie; en
     5.15    Gebruikers mag klagtes rakende die Volksblad webtuiste indien by Volksblad, Media24 Bpk, die Advertensie Standaarde Owerheid of die "Consumer Affairs Committee".
 
 
6.    VERANDERINGE EN BYVOEGINGS
     Volksblad behou die uitdruklike reg, teen sy enkele and absolute diskresie, om enige van die volgende te doen, ter enige tyd, sonder voorafgaande kennisgewing:
     6.1    Hierdie bepalings en voorwaardes te verander;
     6.2    Die inhoud en/of dienste beskikbaar op die Volksblad webtuiste te verander;
     6.3     Enige aspek van die Volksblad webtuiste of diens(te) beskikbaar op die Volksblad webtuiste te kanselleer en/of
     6.4    Die sagteware en hardeware te verander wat vereis word vir toegang tot en gebruik van die Volksblad webtuiste;
 
 
7.    PRIVAATHEID
     7.1    Volksblad sal alle verantwoordelike stappe neem om gebruikers se persoonlike inligting te beskerm. Vir die doel van hierdie klousule, sal "persoonlike inligting" gedefiniëer word soos uiteengesit in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000) (WBTI). Die WBTI kan afgelaai word by http://www.polity.org.za/html/govdocs/legislation/2000/act2.pdf

     7.2    Volksblad mag die volgende persoonlike inligting van gebruikers elektronies versamel, berg en gebruik:
          7.2.1    Naam en van;
          7.2.2    Geboortedatum;
          7.2.3    Geslag;
          7.2.4    Residensiële land
          7.2.5    Naaste stad;
          7.2.6    Nie-persoonlike kliekgewoontes en kliekpatrone;
          7.2.7    E-pos adres; en
          7.2.8    IP adres.
     7.3     Volksblad versamel, berg en gebruik die bogenoemde inligting vir die volgende doeleindes:
          7.3.1    Om die gebruiker te groet wanneer hy/sy die Volksblad webtuiste besoek;
          7.3.2    Onderhewig aan die gebruiker se toestemming, om die gebruiker van feite verbonde aan sy/haar toegang tot en gebruik van die Volksblad webtuiste in te lig;
          7.3.3    Onderhewig aan die gebruiker se toestemming, om die gebruiker in te lig oor kompetisies en spesiale aanbiedinge van Volksblad en/of sy verwante partye (affiliates);
          7.3.4    Om vir die Gebruiker geteikende bemarking te bied wanneer hy/sy die Volksblad webtuiste of die webtuiste van Volksblad se verwante vennote besoek;
          7.3.5    Om nie-personlike statistiese inligting aangaande leesgewoontes, kliekpatrone en toegang tot die Volksblad webtuiste saam te stel.
     7.4    Die inligting hierbo uiteengesit word elektronies versamel deur die gebruik van koekies of word vrywillig deur die gebruiker gegee. Gebruikers mag koekiegebruik onafhanklik vasstel deur hul blaaierstellings.
     7.5    Die gebruiker mag kies om geen kommunikasie van Volksblad en/of sy verwante partye te kry nie.
     7.6    Volksblad mag enige inligting van die gebruiker versamel, onderhou, spaar, saamstel, deel, openbaar maak en verkoop, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
          7.6.1    Volksblad sal nie gebruikers se persoonlike inligting openbaar maak sonder die gebruiker se toestemming nie;
          7.6.2    Volksblad sal slegs volgens wetlike vereistes sonder die gebruiker se toestemming inligting openbaar maak; en
          7.6.3    Volksblad mag enige inligting wat nie verwant is aan een spesifieke individu nie saamstel, gebruik en deel.
     7.7    Volksblad besit en behou alle regte tot nie-persoonlike statistiese inligting wat deur Volksblad versamel en saamgestel word.
 
 
8.    HIPERSKAKELS NA DERDEPARTY WEBTUISTES
     Volksblad mag hiperskakels na webtuistes bied wat nie deur Volksblad of Media24 Bpk (teiken webtuistes) beheer word nie, en sulke skakels impliseer nie enige goedkeuring of ondersteuning of aanbeveling van die inhoud op sulke teiken webtuistes nie. Volksblad het nie redaksionele beheer oor die inhoud op sulke teiken webtuistes nie, en sal nie op enige moontlike manier aanspreeklik gehou word vir die toegang tot, of probleme met vekryging tot toegang tot beskikbare inhoud op sulke teiken webtuistes nie.
 
 
9.    SEKURITEIT
     9.1    Volksblad sal alle redelike stappe neem om die inhoud van die Volksblad webtuiste asook die inligting wat oor gebruikers versamel is en deur hulle aangebied word, teen ongemagtigde toegang en/of blootlegging te beveilig. Maar Volksblad verskaf geen waarborg of impliseer geensins dat die inhoud 100% veilig en betroubaar sal wees nie.
     9.2    Volksblad is onder geen wettige verpligting om inhoud of kommunikasies vanaf en na die Volksblad webtuiste te beveilig deur enkriptering toe te pas nie, en is ook onder geen wetttige verpligting om digitale verifikasie van enige blad op die Volksblad webtuiste te bied nie.
     9.3    Gebruikers mag nie, hetsy doelbewus of uit nalatigheid, enige skadelike kode, soos rekenaarvirusse, op die Volksblad webtuiste of die bediener en rekenaarnetwerk wat die Volksblad webtuiste ondersteun, plaas nie. Buiten kriminele vervolging, sal enige persoon wat enige skadelike kode op die Volksblad webtuiste plaas, hetsy doelbewus of uit nalatigheid, sonder uitsluitsel vir Volksblad vrywaar en kwytskeld van enige en alle aanspreeklikheid, skade en verliese, wat Volksblad en sy geafilliëerde partye mag ly as gevolg van sulke skadelike kode.
     9.4    Enige gebruiker wat enige van die misdrywe uiteengesit in afdelings 85 tot 88 van die EKT Wet uitvoer sal, ondanks kriminele agtervolging, aanspreeklik gehou word vir die nagevolglike aanspreeklikheid, verlies of skades gely en/of opgedoen deur Volksblad en sy geaffiliëerde partye. Die EKT Wet kan afgelaai word by: http://www.polity.org.za/pdf/RegOfInterOfCommAct70.pdf

 
 
10.    AFSTANDDOENING EN BEPERKINGS VAN AANSPREEKLIKHEID
.    10.1     Onderhewig aan die stipulasies in afdelings 43(5) en 43(6) van die EKT Wet, indien van toepassing en so ver as wat wetlik toegelaat word, sal Volksblad (insluitende sy eienaars, werknemers, verskaffers, netwerk tegnici, agente en geaffiliëerde partye) nie aanspreeklik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van hoegenaamd enige aard, gely deur enigeen en as 'n gevolg van:
          10.1.1    Toegang tot die Volksblad webtuiste;
          10.1.2    Toegang tot webtuistes wat geskakel is met die Volksblad webtuiste;
          10.1.3    Probleme om toegang tot die Volksblad webtuiste te kry;
          10.1.4    Probleme om toegang te verkry tot webtuistes wat geskakel is met die Volksblad webtuiste;
          10.1.5    Inhoud beskikbaar op die Volksblad webtuiste;
          10.1.6    Dienste beskikbaar op die Volksblad webtuiste;
          10.1.7    Enige ander rede wat nie direk verband hou met Volksblad se verregaande nalatigheid nie.
     10.2    Die Volksblad webtuiste word op 'n "voetstootse" basis aangebied en is nie saamgestel om aan die gebruiker se inidividuele vereistes te voldoen nie. Dit is die gebruiker se verantwoordelikheid om hom- of haarself tevrede te stel, voordat daar in hierdie ooreenkoms met Volksblad ingetree word, dat die inhoud en dienste beskikbaar vanaf en deur die Volksblad webtuiste aan die gebruiker se individuele vereistes voldoen en dat dit versoenbaar is met die gebruiker se rekenaar hardeware en/of sagteware.
     10.3    Inligting, idees en opinies wat op die Volksblad webtuiste geplaas word mag nie as die professionele raad of amptelike opinie van Volksblad beskou word nie, en gebruikers word aangeraai om professionele raad te soek voordat enige stappe geneem word wat verband hou met die inligting, idees of opinies wat op die Volksblad webtuiste uitgedruk word.
     10.4    Hierdie webtuiste word primêr gemik op gebruikers in die Republiek van Suid-Afrika en dus sal Volksblad nie, so ver soos die Suid-Afrikaanse wet dit toelaat, aanspreeklik wees vir naamskending, laster, skending van privaatheid of kopieregskending, in watter formaat ook al, buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika nie.
     10.5    Die bron van Volksblad se inhoud is verskeie derde partye, byvoorVolksblad koerante, nuusagentskappe en vryskutjoernaliste, en Volksblad oefen nie redaksionele beheer uit oor die inhoud gebied deur sulke partye nie. Volksblad dien slegs as 'n elektroniese verspreidingsplatform vir sulke derde-party inhoud. Dus sal Volksblad nie aanspreeklik gehou word, op enige moontlike manier, vir naamskending, skending van privaatheid, skending van persoonlikheid of kopieregskending wat betref die inhoud op die Volksblad webtuiste wat nie deur Volksblad of sy werknemers geskep is nie.
     10.6    Volksblad gee geen waarborge of maak geen vertoë dat alle inhoud en dienste wat op die Volksblad webtuiste beskikbaar is in alle gevalle waar, korrek en foutloos sal wees nie. Volksblad sal alle redelike stappe neem om die kwaliteit en akkuraatheid van die inhoud op Volksblad te verseker.
     10.7    Volksblad gee geen waarborge en maak geen vertoë dat die Volksblad webtuiste te alle tye beskikbaar sal wees nie. Gebruikers erken dat die Volksblad webtuiste nie beskikbaar mag wees nie as gevolg van bywerking of ander redes buite die redelike beheer van  Volksblad, insluitende maar nie beperk tot virusinfeksie, kragonderbreking of ander natuurkragte of rampe.
 
 
11.    VERWYDERING EN KORRIGERING VAN INHOUD
     Gebruikers word aangemoedig om onwaar, onakkurate, lasterlike, onwettige, skending- en/of enige ander skadelike inhoud wat op die Volksblad webtuiste beskikbaar is aan Volksblad te rapporteer, en Volksblad onderneem om sulke inhoud of enige deel daarvan reg te maak en/of te verwyder, indien die persoon wat sulke inhoud rapporteer, redelike gronde bied om die vermeende aard van die inhoud te bewys.
 
 
12.    BYDRAES
     Hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik is die ooreenkoms tussen VOLKSBLAD™ en jou, die gebruiker van hierdie webtuiste, in geheel. Enige nalating van VOLKSBLAD™ om enige reg of toelating in hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik uit te oefen of af te dwing, sal onder geen omstandighede dien as kwytskelding van só 'n reg of voorsiening nie.
     12.1    Gebruikers mag hul persoonlike opinies, boodskappe en idees bydra tot die Volksblad webtuiste en gespreksforums beskikbaar op die Volksblad webtuiste.
     12.2    Gebruikers onderneem om nie inhoud tot die Volksblad webtuiste by te dra wat onwettig, lasterlik, inbreuk maak, teisterlik of obseen is, kommersiële of persoonlike bemarking insluit, godslasterlik, onwaar, onakkuraat of skadelik is nie, en Volksblad behou die reg om sulke inhoud te verwyder in terme van klousule 11 hierbo.
     12.3    Volksblad filter of oefen nie redaksionele beheer uit oor gebruikers se bydraes nie en sal nie aanspreeklik gehou word, op enige moontlike manier, vir gebruikers se bydraes nie.
     12.4    Die gebruiker vrywaar en hou Volksblad nie aanspreeklik ten opsigte van enige aanspreeklikheid, eis, skade of verlies wat 'n gevolg mag wees van die gebruiker se bydrae(s) op die Volksblad webtuiste.
 
 
13    ONDERSKEPPING VAN KOMMUNIKASIE
     13.1    Onderhewig aan die voorsienings van die Regulasie van Onderskepping van Kommunikasie (RIK) Wet 70 van 2002, stem die gebruiker in tot Volksblad se reg om alle kommunikasies wat deur die gebruiker na die Volksblad webtuiste, sy personeel of sy werknemers gestuur of bygedra is, te onderskep, stop, filter, lees, uitvee, bloot te lê en te gebruik. Die RIK Wet kan afgelaai word by:
http://www.polity.org.za/pdf/RegOfInterOfCommAct70.pdf

     13.2    Onderhewig aan die voorsienings van die EKT Wet, stem die gebruiker in en erken dat die toestemming wat die gebruiker in klousule 31.1 voorsien, voldoen aan die "geskrewe" vereiste.
 
 
14.    ALGEHELE OOREENKOMS EN SKEIBAARHEID
     14.1    Hierdie Bepalings en Voorwaardes vir Gebruik is die ooreenkoms tussen Volksblad en die gebruiker in geheel, en dit sal voorkeur geniet bó enige afstanddoening en/of wetlike kennisgewings wat aan enige kommuniksie of bydraes geheg is wat deur Volksblad van die gebruiker af ontvang word.
     14.2    Sou Volksblad versuim om enige reg of voorsiening uit te oefen of af te dwing, sal dit onder geen omstandighede dien as ‘n kwytskelding van só ‘n reg of voorsiening nie.
     14.3    Indien enige bepaling of voorwaarde soos hierin uiteengesit as onafdwingbaar of ongeldig bevind word, sal daardie bepaling(s) of voorwaarde(s) skeibaar wees van die res van hierdie bepalings en voorwaardes. The bepalings en voorwaardes wat oorbly bly steeds afdwingbaar en toepaslik.
 
 
15.    OOREENKOMS IN TERME VAN AFDELING 21 VAN DIE EKT WET
     Die gebruiker en Volksblad stem saam dat:
     15.1    Die gebruiker verbonde sal wees aan hierdie bepalings en voorwaardes, en hierdie ooreenkoms gesluit word in Kaapstad op die tydstip wanneer die gebruiker vir die eerste keer die Volksblad webtuiste oopmaak of onmiddellik nadat die gebruiker toestemming gegee het soos vereis tydens die “Teken my in” proses;
     15.2    Databoodskappe (soos gedefiniëer in die EKT Wet) vanaf die gebruiker geadresseer aan Volksblad sal slegs as ontvang deur Volksblad beskou word as Volksblad daarop reageer;
     15.3    Databoodskappe (soos gedefiniëer in die EKT Wet) geaddresseer aan die gebruiker vanaf Volksblad sal as ontvang deur die gebruiker beskou word, soos uiteengesit in afdeling 23(b) van die EKT Wet;
     15.4    Databoodskappe (soos gedefiniëer in die EKT Wet) vanaf die gebruiker geaddresseer aan Volksblad sal beskou word as geskep en gestuur deur die gebruiker van binne die geografiese grense van Suid-Afrika af;
     15.5    Elektroniese handtekeninge, enkripsie en/of verifikasie word nie vereis vir geldige elektroniese kommunikasie tussen die gebruiker en Volksblad nie; en
     15.6    Die gebruiker stem in en waarborg dat die databoodskappe wat na Nuus 24 gestuur word vanaf ‘n rekenaar, IP adres of mobiele toestel, wat deur die gebruiker gebruik of besit word, persoonlik gestuur en/of goedgekeur is deur die gebruiker.
 
 
16.    TOEPASLIKE EN HEERSENDE WETTE
     Die Volksblad webtuiste word bedien, beheer en bedryf vanuit die Republiek van Suid-Afrika en as sulks is onderhewig aan Suid-Afrikaanse wetgewing, toegepas deur die Suid-Afrikaanse howe, en bepaal die gebruik of probleme met die gebruik van die Volksblad webtuiste, sy inhoud, dienste en hierdie bepalings en voorwaardes.
 
 
17.    REGSKOSTES
     Volksblad sal nie aanspreeklik gehou word vir kostes deur die gebruiker aangegaan om professionele raad te ontvang in verband met hierdie bepalings en voorwaardes nie.
 
© 24.com. Hierdie bepalings en voorwaardes mag nie gebruik of herproduseer word sonder die voorafgaande toestemming van Media24 Bpk

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.