Vatikaan glo katnes van korrupsie

2012-01-30 21:45

Briewe aan pous lek uit

DEN HAAG. – Die Vatikaan is ’n katnes van korrupsie en magsmisbruik. Dít blyk uit ’n reeks briewe wat aartsbiskop Carlo Maria Vigano, sekretaris-generaal van die Vatikaanse regering, aan die pous geskryf en wat uitgelek het.

Die Europese media het die laaste dae groot aandag hieraan gegee, veral omdat Vigano ná sy briewe aan pous Benedictus XVI uit sy pos verwyder en as Vatikaanse ambassadeur na Washington gepos is.

Dié onthulling is gedoen in ’n Italiaanse televisieprogram. Die Vatikaan se reaksie was om die makers van die program se joernalistieke etiek te betreur, maar die bestaan van die briewe self is, opvallend genoeg, nie ontken nie.

In die briewe lig Vigano Benedictus in oor die toestand wat hy in die regering van die Vatikaan aangetref het toe hy in 2009 as hoof van dié onafhanklike mini­staatjie se regering aangestel is. Hy sê hy het afgekom op ’n web van korrupsie en nepotisme in die toekenning van kontrakte.

In een van die briewe skryf hy kontrakte is dikwels aan dieselfde ondernemings toegeken teen pryse wat dubbel so hoog as dié van mededingers was.

Hy het byvoorbeeld agtergekom dat die Kersfeesstal wat op die plein voor die St. Petruskatedraal opgerig is, 550000euro (byna R5,6miljoen) kos, wat hopeloos te veel is.

Die finansies van die Vatikaan is deur ’n komitee van bankiers onder die voorsitterskap van mnr. Ettore Gotti Tedeschi hanteer, wat glo eerder na hul eie belange as na dié van die Vatikaan omgesien het.

Ander kardinale in die Vatikaan was volgens Vigano goed op die hoogte van sake.

Blykbaar het Vigano se briewe (en die besnoeiings wat hy afgedwing het) groot onmin by sy kollegas in die Vatikaan veroorsaak. Op 22 Maart verlede jaar het die Vatikaan Vigano in kennis gestel dat hy na Washington gepos is, hoewel sy aanstelling tot 2014 sou gegeld het.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.