Tamaaie knapie in China gebore
2012-02-08 22:20
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
BEIJING. – ’n Ma het geboorte geskenk aan ’n baba van 7,04kg – moontlik die grootste baba wat in 60 jaar in China gebore is.
Die staatskoerant Tianjin Post berig die 29-jarige ma van die provinsie Henan het Saterdag met ’n keisersnee geboorte gegee.
Die geboorte het net sowat 20 minute geduur en die ma en die baba, ’n seuntjie met die naam Chun Chun, is gesond. Die koerant het berig Chun Chun se ouers is albei van gemiddelde bou en dat die geboorteproses normaal was. Daar was ook niks ongewoons in sy ma se dieet nie.
Dit is nie bekend of die baba in Chinese rekordboeke opgeneem is nie.
- Volksblad