Romney gewildste onder Republikeine

2012-02-01 23:00

Mnr. Mitt Romney en sy vrou, Ann, vier gister sy oorwinning in die Republikeinse voorverkiesing in die deelstaat Florida. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – Meer as 76% van Republikeine in die Amerikaanse deelstaat Florida meen mnr. Mitt Romney staan die beste kans om pres. Barack Obama in November uit die kussings te lig.

Romney het pas die Republikeinse voorverkiesing in dié kosmopolitiese suidelike staat gewen.

Hy het sy naaste teenstander, mnr. Newt Gingrich, met 46% van die stem teenoor 32% geklop en daarmee die duidelike voortou geneem in ’n stryd wat toenemend om die “verkiesbaarheid” van Obama se Republikeinse teenstander gaan.

Nadat Gingrich, in Amerika bekend as ’n “politieke straatvegter”, twee weke gelede die stryd in die uiters konserwatiewe Suid-Carolina gewen het, is verwag dat hy dié momentum teen Romney, ’n skatryk sakeman, in Florida sou behou.

Dit was egter konserwatiewe Republikeine wat Gingrich in Florida, Amerika se negende grootste staat, die rug gekeer het.

Volgens gegewens wat gister deur die Republikeinse Party in Florida bekend gemaak is, het 41% van “uiters konserwatiewe” kiesers vir Romney gestem en 52% van die “matig” konserwatiewes. Boonop het 59% van “matig liberale” kiesers ook vir hom gestem.

Romney, wat ’n baie sterk teen-immigrasie-beleid voorstaan, het ook bo verwagting goed gevaar onder die Spaanssprekende kiesers deur 54% van hul stem te trek. Dit sluit in 57% van die stem van die groot gemeenskap Kubaanse immigrante in dié staat.

Kenners het in die vernaamste Amerikaanse koerante en op TV-netwerke gesê sy goeie vertoning in Florida, wat as een van die belangrike “swaaistate” in Amerikaanse verkiesings bekend is, is ’n belangrike aanduiding van sy “verkiesbaarheid” in die ander groot deelstate soos Texas, Georgia, Kalifornië, Colorado, Minnesota, Ohio, Pennsilvanië en Illinois.

Dis state waar die politieke demografie soortgelyk is aan dié van Florida en strek dus tot Romney se voordeel.

Die volgende Republikeinse voorverkiesing is Saterdag in Nevada.

Daarna volg die deurslaggewende stemmings in Colorado en Minnesota.

As Gingrich nie in albei die state daarin slaag om Romney oortuigend te klop nie, meen waarnemers, is die veldtog waarskynlik verby vir die strydlustige voormalige speaker van die Amerikaanse senaat.

Vir die ander twee oorblywende Republikeinse kandidate, mnre. Ron Paul en Rick Santorum – met onderskeidelik 11% en 15% van die stem in Florida – is die wedloop waarskynlik reeds verby.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.