Rampskip-sage word dokumentêre prent
2012-02-10 22:03
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
LOS ANGELES. – Die storie van die gestrande Italiaanse passasierskip, die Costa Concordia, gaan in ’n dokumentêre prent vervat word as ’n hedendaagse ramp soortgelyk aan dié van die Titanic.
National Geographic het Woensdag gesê sy dokumentêr, Italian Cruise Ship Disaster: The Untold Stories, vertel die storie van die passasiers, die bemanningslede en die reddingswerkers. Dit bevat ook beeldmateriaal van omstanders en virtuele voorstellings van hoe die skip op 13 Januarie naby die Italiaanse kuslyn op die rotse geloop het.
Minstens 17 mense is dood en nog 15 word steeds vermis. Daar was meer as 4200 passasiers en bemanningslede aan boord van die Costa Concordia toe dit te naby aan die Toskaanse eiland Giglio gestrand het.
Die dokumentêr ondersoek ook of die ongeluk vermy kon word, waarom die passasiers nie vroeër gewaarsku is nie en tref ooreenkomste met die Titanic-ramp ’n eeu gelede. – Reuters
- Volksblad