Pres. Sarkozy alte waaghalsig

2012-01-30 21:45

DEN HAAG. – Hoewel die veldtog vir die Franse presidentsverkiesing oor iets minder as drie maande nog nie amptelik begin het nie, vertoon dit reeds verskeie merkwaardige eienskappe.

Een is dat die verdediger van die kampioenstitel, pres. Nicolas Sarkozy, nog nie amptelik sy kandidatuur verklaar het nie. As hy daaroor gevra word, bly hy vaag.

Politieke waarnemers meen dit word met opset gedoen. Pleks daarvan duik Sarkozy op tientalle plekke in die land op, hy spreek vergaderings toe, staan onderhoude met die media toe – eergisteraand met ’n televisie-onderhoud wat deur agt stasies tegelyk uitgesaai is.

En wat hy doen en sê, is alles bereken om hom die beeld van staatsman, van vader en beskermer van die Franse republiek te gee. In sy televisie-onderhoud het hy byvoorbeeld aangekondig dat die verpligte arbeidskoste wat werkgewers moet betaal, verlaag gaan word om die arbeidsmark te liberaliseer en ekonomiese groei te stimuleer.

Om dit te finansier word die BTW met 1,6 persentasiepunte verhoog.

Dis ’n uiters waaghalsige strategie vir iemand wat bitter graag herkies wil word, maar ver agterloop by sy belangrikste mededinger, mnr. François Hollande van die Sosialistiese Party. Dit gebeur nie aldag dat ’n regeringshoof ongewilde maat­reëls instel só kort voor ’n verkiesing nie, maar Sarkozy se waagstuk is dat die kiesers sal sien hy beskerm Frankryk se nasionale belange – in teenstelling met Hollande.

Nog ’n merkwaardigheid is dat die Duitse bondskanselier, dr. Angela Merkel, haar agter Sarkozy geskaar het. Sy het aangekondig dat sy later ’n paar van Sarkozy se openbare verkiesingsvergaderings sal bywoon.

Kenners meen Merkel is bekommerd oor die tipies sosialistiese geluide wat Hollande maak, dat hy die huidige besnoeiingsdrif gaan omkeer en weer geld soos bossies gaan bestee om die armes te help.

Sy en Sarkozy loop op persoonlike vlak nie oor van liefde vir mekaar nie, maar politiek werk hulle uitstekend saam, en Merkel wil dit graag so hou.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.