Philip (90) ‘is koningin se rots’
2012-02-01 23:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
LONDEN. – Koningin Elizabeth II van Brittanje, wat volgende week haar 60ste jaar as vorstin vier, sou beslis nie haar aansienlike werklas kon volhou sonder die ondersteuning van haar 90-jarige man, prins Philip, nie, sê hul kleinseun prins Harry.
“Ek glo nie sy kan dit sonder hom doen nie, veral op die ouderdom wat hulle nou is.”
Prins Harry het so die jare lange veronderstelling bevestig dat die hertog van Edinburg, met wie die koningin 64 jaar getroud is, haar “rots” is wanneer sy haar amptelike take moet verrig. Die koningin word in April 86.
Volgens die BBC het Harry dié opmerking gemaak voor die uitsending van ’n TV-reeks ter herdenking van die koningin se diamant-jubileum op 6 Februarie.
Die koninklike egpaar sal in April deur Brittanje toer en sal ook die middelpunt wees van ’n naweek van feesviering wat vir vroeg in Junie beplan word. – Sapa-DPA
- Volksblad