Konflik tussen Iran en Israel sal SA raak

2012-02-03 21:56

OORLOG tussen Iran en Israel kan groot ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika inhou aangesien Suid-Afrika sy meeste ru-olie uit Iran kry.

Selfs Suid-Afrika se goeie bande met Iran gaan hom nie red van dié gevolge van ’n konflik nie, wat blykbaar so vroeg as April reeds kan losbars, het me. Jo-Ansie van Wyk van Unisa se departement politieke wetenskap gister gesê.

“Dit is nog nie ’n geval van oorlogwolke wat saampak nie, maar dat daar erge konflik dreig, is gewis,” het sy gesê.

Volgens haar sal die Suid-Afrikaanse publiek die uitwerking in ’n skerp verhoging in die petrolprys aan sy bas voel.

Die afgelope paar dae het dié aanduidings uit alle oorde verskerp nadat Israel dit onomwonde gestel het dat Iran se kernwapenvermoë gestaak moet word voordat dit te laat is.

Volgens die Amerikaanse dinkskrum, die Enterprise-instituut, kan Iran teen Augustus reeds oor die vermoë beskik om ’n kernbom van 15 kiloton te bou.

Met Iran se huidige voorraad verrykte uraan kan hy teen 2015 reeds vier of vyf van die bomme tot sy beskikking hê.

Israel se adjunkpremier, mnr. Moshe Yaalon, het vandeesweek gesê ’n ontploffing by ’n Iranse missielbasis in November verlede jaar was deel van ’n program om ’n nuwe missiel te bou met ’n reikafstand van 10000km.

Dit het gister gegons van dié soort bespiegeling in die internasionale media.

Moontlik die beste aanduiding was ’n toespraak van die Israelse minister van verdediging, mnr. Ehud Barak, op ’n veiligheidsforum in Herzliya. Daar het hy reguit gesê die tyd raak min om Iran te keer. “Wie ook al sê ‘later’, kan vind dat later te laat is.”

Gister het die Washington Post eweneens, blykbaar op grond van binne-inligting uit die Amerikaanse regering, berig dat dié land se minister van verdediging, mnr. Leon Panetta, vrees dat Is- rael in April, Mei of Junie ’n reeks lugaanvalle op kerninstallasies sal doen. Israel het Amerika glo verlede maand versoek om militêre oefeninge wat in Mei sou plaasvind, uit te stel omdat hy nie hulpbronne daaraan kon afstaan nie.

Die Amerikaanse reaksie was om die hoof van die weermag, genl. Martin Dempsey, na Jerusalem te stuur om die Israeli’s te waarsku dat Washington nie só ’n aanval sal steun nie.

Pres. Barack Obama wil die sanksies wat sy land en die Europese Unie onlangs teen Iran afgekondig het (dit sluit onder meer ’n olieboikot in) eers kans gee om te werk.

Die Israeli’s wil egter nie te lank wag nie.

Kenners van die Midde-Ooste wys daarop dat Israel vir sy voortbestaan vrees. Pres. Mahmoed Ahmadinedjad van Iran en die ajatollas wat oor Iran regeer, maak geen besonder rasionele indruk nie, en die Israeli’s is bang dat die afskrikkingstrategie wat goed in die Koue Oorlog gewerk het, nie op Iran van toepassing is nie.

Een groot kernbom op Tel Aviv kan twee derdes van die Israelse bevolking uitwis.

Volgens die Washington Post meen die Israeli’s dat hul eie veldtog binne sowat vyf dae afgehandel kan wees. Hulle verwag dan ’n stortvloed missiele van Hisbolla in die suide van Libanon en van Hamas in die Gasastrook, wat tot sowat 500 Israelse sterftes kan lei, maar dis beter as totale uitwissing, sê hulle.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.