Kommer in Swede oor snoerwet

2012-01-30 21:45

KAAPSTAD. – Bang joernaliste is swak joernaliste.

En met swak joernaliste kry jy ’n swak demokrasie, het regter Goran Lambertz van die Sweedse hooggeregshof gister op ’n seminaar oor die Wetsontwerp op Staatsinligting gesê.

Die seminaar, met die tema Staatsgeheime versus Menseregte, is deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Woodstock aangebied.

Swede is bekend om sy beleid van deursigtigheid in die openbare sektor en toegang tot inligting.

Lambertz het gesê die debat in Suid-Afrika oor die wetsontwerp word met belangstelling in Europa, maar veral in Swede, gevolg. Die algemene gevoel in Swede oor die wetsontwerp is een van kommer.

Volgens hom moet die vraag gestel word waarom spraakvryheid belangrik is.

“Spraakvryheid is belangrik, maar só ook die gevoel van vryheid. Dit gaan oor die noodsaaklikheid van ’n demokrasie om sy politieke en openbare mag genoeg deur ’n vrye media te laat ondersoek.

“Daar moet iemand wees wat moontlike korrupsie en ongerymdhede met openbare kwessies blootlê.

“As daar geen ondersoek van dié mag is nie, sal die demokrasie vinnig baie van sy gehalte en geloofwaardigheid verloor.”

Volgens hom beteken ’n demokrasie nie bloot dat almal stemreg het nie.

“Dit gaan daaroor dat die kiesers inligting het oor wat aangaan, daarom moet die media vry wees om te publiseer en nie ontmoedig word deur dreigemente van strawwe as hulle te veel publiseer, of in besit is van inligting wat hulle nie behoort te hê nie.

“Bang joernaliste is swak joernaliste en met swak joernaliste kry jy ’n swak demokrasie.” Lambertz het egter daarop gewys dat mediavryheid nie onbeperk kan wees nie.

“Daar is belangrike inligting wat beskerm moet word.”

Ofskoon die wetsontwerp goed geskryf is, pla sekere kwessies hom (sien kassie).

Mnr. Mukelani Dimba, adjunk- uitvoerende direkteur van die Open Democracy Advice Centre, het gesê sommige fluitjieblasers is nou reeds versigtiger om inligting aan joernaliste te gee – selfs voordat die wetsontwerp in die wetboeke vervat is.)Mnr. Nkwame Cedile van die Right To Know-veldtog het oor berigte dat op dié organisasie gespioeneer word, gesê hulle het niks om weg te steek nie.

Dís wat pla
Redes vir Sweedse regter se kommer oor Wetsontwerp op Staatsinligting:
Joernaliste en fluitjieblasers kan gestraf word vir goed wat nie die straf regverdig nie.
Sekere bepalings word nie duidelik gedefinieer nie.V?Die wetsontwerp bevat geen vrywaring vir die media nie.
Die voorgestelde strawwe is baie erg.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.