Gas Rusland se troefkaart

2012-02-10 22:03

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

EUROPA is tans in ’n wintergreep met vrieskastemperature van tot -30 °C. Klimatoloë het die weerstoestande wat deur die beweging van Arktiese lugmassas na Europa veroorsaak word, as die “Big Freeze” (“Groot Bevriesing”) bestempel.

In Oos-Europa het minstens 360 mense as gevolg van die snerpende koue omgekom. Die Oekraïne is veral erg geraak weens die gebrek aan verhitting en kragonderbrekings, en kort voor lank was daar ’n politieke geskil met die Russiese Federasie oor verhittingsenergie.

In die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, het die sterftesyfer skerp gestyg en moes honderde weens gesondheidsredes en vriesbrand gehospitaliseer word. Selfs in die Verenigde Koninkryk is ’n ernstige waarskuwing teen die groot bevriesing uitgereik.

Die omstandighede sal veral die behoefte aan kunsmatige verhitting aansienlik vergroot.

Afgesien van die benutting van olie- en kernenergiebronne sal die vraag na aardgas in die besonder van kardinale belang vir Europese huishoudings en nywerhede wees.

Onderliggend aan die immer toenemende behoefte aan gasvoorsiening is ’n vorm van politiek wat in die toekoms ál swaarder gewig sal dra. Dit staan as “pypleidingpolitiek” bekend.

Hierdie politiek kan slegs begryp word indien die historiese en kontemporêre agtergrond van gasvoorsiening en verbruik in Europa in oënskou geneem word. In Wes- en Sentraal-Europa bestaan beperkte hoeveelhede aardgasbronne.

In sterk kontras hiermee bestaan daar onbeperkte gasbronne en reserwes in die Russiese Federasie. Gedurende die Sowjet-Unie-era is reuse-pypleidingkonstruksies gebou om broodnodige gas aan sowel die Russiese gebiede as Oos-Europese state en hul huishoudings te bring.

Ná die ineenstorting van die Sowjet-Unie in 1991 het daardie pypleidings behoue gebly, ondanks ’n agteruitgang in die instandhouding en doeltreffendheid daarvan.

Ofskoon die Russe vandag nie meer kan aanspraak maak op supermoondheidstatus nie, het die Russiese regering in die Kremlin in Moskou spoedig tot ’n hernude besef gekom oor die voordele van sy onbeperkte gasbronne.

Gevolglik het ’n monopolisering van die verspreiding van gas na sy buurstate plaasgevind. Russiese politici soos Wladimir Poetin en Dmitri Medwedef is daarom hoopvol om die geo-politieke posisie van die Russiese Federasie te verstewig deur ’n duidelike houvas op hul aardgasbronne te verseker.

In ’n Amerikaanse studie deur Edward Lucas is krities bevind dat die Russiese regering vier doelwitte ter tafel gelê het: Eerstens, “the Kremlin wants to prevent European countries diversifying their sources of energy supply, particularly in gas”; tweedens, “it wants to strengthen its hold over the international gas markets”; derdens, “it wants to acquire ‘downstream assets’ – distribution and shortage capability in Western countries”, en vierdens, “it wants to use those assets to exert political pressure”.

Sedert 2005 blyk dit dat die politieke druk en magspel deur die Kremlin die hef in die hand gekry het, omrede Europese state slegs in eie belang en nie as geheel oor gaspryse en verspreiding onderhandel het nie.

Streng gesproke sou dit nie saak gemaak het of daardie pypleidings olie (wat deur tenkers vervoer kan word) of selfs vodka vervoer het nie, maar met gas is dit ’n algeheel ander saak. Die pypleidingstelsel is verreweg die mees praktiese manier om gas te vervoer, hoewel Europese afhanklikheid van Russiese gas as gevolg daarvan hand oor hand toegeneem het. Volgens statistieke maak gasvoorsiening via die Russiese Federasie bykans 60% van Europese gasverbruik uit. Toekomstige projeksies toon dat die verbruik tot meer as 80% kan styg namate produksievlakke van gas kwyn en vraag toeneem.

Hoewel die meeste pypleidings bogronds geleë is, word komplekse onderwaterpypleidings na lande meer weswaarts van die post-kommunistiese state in die vooruitsig gestel. Die sogenaamde Blou Stroom-pypleiding onder die Swart See na Turkye is reeds voltooi, terwyl twee verdere pypleidings, te wete die Noordstroom (Rooi) en Blou Stroom beplan en ontwikkel word. Verdere vooruitgang is met Blou Stroom (ook genoem Suidstroom) gemaak nadat pypleidings deur Bulgarye en die Balkanlande verleng is met die doel om uiteindelik Oostenryk en Sentraal-Europa te bereik.

Die Noordstroom onder die Baltiese See word ten volle deur die Kremlin en die hoofgasmaatskappy Gazprom gesteun en is reeds in die konstruksiefase. Hierdie pypleiding is hoofsaaklik vir Duitsland en ander Wes-Europese state bestem.

Dit het op sy beurt tot ernstige politieke geskille oor die pyplynroete asook onder aandeelhouers in Gazprom gelei. Ongeag die realiteit van Duitse afhanklikheid van Russiese aardgas, heers daar fel kritiek oor die verlenging van die Noordstroom na Duitsland. Die Noordstroom is van die uiterste belang vir die Russe, aangesien politieke bande met Duitsland skade kan ly indien gastoevoer weens onvoorsiene of ander redes, soos agterstallige betalings, aan sy buurstate afgesny word.

Vanjaar behoort Duitsland twee derdes van sy gasinvoer uit die Russiese Federasie te ontvang en daarom word deurgaans na gunstige wedersydse politieke verhoudinge gestreef.

As teenvoeter vir die Russiese houvas op die pypleidings, is ’n derde pypleiding, bekend as Nabucco, met groot sukses opgerig en word deur die Europese Unie ondersteun. Hoewel die pypleiding slegs aan een tiende van die Europese gas-aanvraag kan voldoen en uit Sentraal-Asië vervoer word, beskou die Kremlin dit as ’n doring in die vlees vir sy monopolie in gasvoorsiening. Die basiese beginsels van pypleidingpolitiek is dus eenvoudig: Wie eerste ’n pypleiding kan oprig, het die volle beheer, seggenskap en mag om eise na willekeur te stel.

Gazprom het beplan om ook sy belange na China en Japan in die Ooste uit te brei, en het selfs langtermyndoelwitte vir ’n moontlike pypleiding na die Verenigde State van Amerika neergelê. Die groot vraag is egter of die Russiese Federasie, as die wêreld se grootste gasprodusent met nagenoeg 43triljoen kubieke meter gasreserwes, in die behoeftes van die volgende dekades kan voorsien. As gevolg van die herstellende ekonomie en elektrisiteitsbehoeftes word die gasbronne algaande onder druk geplaas. ’n Krisis dreig tans om die volhoubaarheid van die uitputbare bron van energie te verhoog en gasvoorsiening aan sowel binnelandse as buitelandse markte te reguleer. Vermorsing, besoedeling en diefstal blyk die grootste probleme te wees. Baldadige verbruik vind plaas te midde van die vermorsing van bykans 30miljard kubieke meter weens lekkende pype en wanfunksionele kompressors.

Daarby word die instandhouding en uitbreiding van gaspype belemmer omdat die gasvelde en reserwes hoofsaaklik in die mees onherbergsame gebiede van Siberië geleë is.

Gazprom probeer dus om bogenoemde probleme hok te slaan deur die aanspraak en ontwikkeling van nuwe gasvelde. Een van die nuwe ontwikkelingsinisiatiewe is om die Shtokman-gasveld onder die Barentssee, as reuse-projek van Gazprom, te ontwikkel.

Aangesien Shtokman in die Arktiese Oseaan geleë is, word die Russiese Federasie se aanspraak en wettige beheer van die gasveld deur die Verenigde Nasies en Westerse state bevraagteken. Westerse gasmaatskappye word grootliks verhinder om aandele in dié gasveld te bekom, en kan slegs as kontrakteurs deelneem.

In ’n ekspedisie na die Noordpool in 2007 het die eerste bemande ontdekking van die Arktiese seebodem deur ’n Russiese flottielje plaasgevind.

Die Russiese vlag is deur middel van ’n gesofistikeerde duikboot simbolies op die seebodem geplant. Die ekspedisieleier, Artur Chilingarov, het verklaar dat “die Arktiese gebied is ons s’n en ons sal ons teenwoordigheid laat geld”, maar dit het onregstreeks ook die Russiese Federasie se oorheersing en monopolie oor gas versinnebeeld.

Ten slotte is dit duidelik dat indien die krane van die pypleidings na Wes-Europa toegedraai word, hul ekonomieë negatief geraak en hul bevolkings sonder genoegsame verhittingsmiddele gelaat kan word. Die huidige winterstoestande en krisis in die Oekraïne is ’n bewys van die afhanklikheid aan energiehulpbronne.

Dit is dus ’n onweerlegbare feit dat daar in die toekoms Europese politieke debatte rondom gas as ’n intense “pypleidingpolitiek” gehou sal word. )Dr. Gustav Hendrich is ’n vryskut-navorser van Kaapstad en met die departement geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch geaffilieer. )Bronne: Klein, W: USSR. The New Soviet Union (APA publications, Singapore, 1991).Lucas, E: The New Cold War. How the Kremlin menaces both Russia and the West (Bloomsbury, London, 2008).Globe and Mail blog-inskrywing, 29 Augustus 2008 (From Russia with gas).

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.