Facebook-kinkel by moord

2012-02-10 22:04

NEW YORK. – ’n Nuwe rekenaarprogram wat vir jou wys wanneer iemand hul vriendskap met jou op die sosiale netwerk Facebook beëindig, het moontlik tot die moord op ’n jong paartjie in Amerika gelei.

Mnr. Billy Clay Payne (36) en sy vriendin, me. Billie Jean Hay-worth (23), is dood in hul huis in Nashville, Tennessee gevind, nadat hulle glo me. Jenelle Potter op Facebook “ontvriend” het, berig Reuters.

Payne en Hayworth is albei in die kop geskiet en Payne is keelaf gesny. Die paartjie se agt maande oue baba is ongedeerd in sy ma se arms gevind.

Potter se pa, mnr. Marvin Enoch “Buddy” Potter (60), en sy vriend, mnr. Jamie Lynn Curd (38), is vandeesweek vir die moord op die twee in hegtenis geneem nadat die polisie onderhoude met meer as 150 verdagtes gevoer het.

Sheriff Mike Reese het gesê dié “sinlose” moord was die “ergste ding wat ek nog ooit gesien het”. Hy is al 27 jaar ’n polisieman.

Die nuwe program wat jou wys as iemand jou as vriend verwyder.

Reese sê ’n paar sake van teistering is in die verlede teen me. Potter gemaak nadat iemand haar van Facebook geblok of afgehaal het. Luidens ’n berig in die plaaslike koerant die Johnson City Press het Payne en Hayworth ook in die verlede klagtes teen me. Potter ingedien omdat sy hulle glo oor die telefoon en die internet geteister het.

Curd, Payne se kleinneef, het me. Potter toe in die hof verdedig.

“As jy eers aan haar (me. Potter) se slegte kant kom, is jy aan haar pa se slegte kant ook,” sê Reese.

Volgens Reese bly Potter (in haar laat 20’s of vroeë 30’s) by haar ouers en is sy konstant op Facebook.

Mnr. Potter sal volgende week om borgtog aansoek doen. Curd is borgtog van sowat R5,7 miljoen op elk van die twee aanklagte toegestaan. Dit is nie duidelik of hy dit betaal het nie. Sy verhoor vind volgende maand plaas.

Curd se regsverteenwoordiger, mnr. R.O. Smith, sê daar steek meer in die saak as net ’n “Facebook-probleem”.

Me. Potter staan nie op enige aanklag tereg nie.

• Die program wat wys wie jou van hul vriendelys verwyder, staan bekend as Greasemonkey en kan deur Mozilla Firefox afgelaai word. Dit is ook as Fera for Facebook op iPad beskikbaar. Sonder só ’n program kan mens nie sien as iemand jou as vriend verwyder nie.

- Reuters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.