‘Eers Madonna, dán oorlog’

2012-02-10 22:03
madonna

Madonna

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JERUSALEM. – “Moenie die musiek stop nie, asseblief!”

Dit is die pleidooi van ’n Is­raelse aanhanger van die sanger Madonna wat ’n spesiale Facebook-groep gestig het om die regering te versoek om Iran nie binne te val tot ná Madonna se beplande konsert in Mei nie.

“Bibi! Geen oorlog met Iran nie tot ná Madonna se konsert op 29 Mei!” pleit die anonieme bewonderaar in Hebreeus op die pas gestigte groep se blad op Facebook.

“Bibi” is ’n gewilde bynaam vir die premier van Israel, mnr. Benjamin Netanyahu.

Madonna beplan om haar langverwagte 2012-wêreldtoer in Mei in Israel te begin. Die Is­raelse media berig dat sy ’n paar weke voor die openingsaand in Israel sal aankom sodat sy aan die finale repetisies vir die konsert kan deelneem.

Terwyl Madonna-aanhangers hulle gereedmaak om kaartjies vir die vertoning aan te skaf, word daar al hoe meer bespiegel oor ’n moontlike Israelse aanval op Iran oor sy kernprogram, wat die Joodse staat as ’n verdoeseling van kernwapenontwikkeling beskou.

Iran ontken die aantygings, maar volgens berigte glo Israel Iran kan teen die einde van die Noordelike Halfrond se winter reeds kernwapens gereed hê, en oorweeg daarom ’n militêre aanval in die lente of somer om dié Iranse vermoë uit te wis. – Sapa-AFP

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.