Brand verwoes 136 huise in Colorado
2010-09-09 10:30
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Boulder, Colorado - Owerhede sê minstens 136 huise is deur 'n brand in die weste van Boulder, in die Amerikaanse deelstaat Colorado, verwoes.
'n Lys wat Woensdag vrygestel is, sluit in vier ander strukture en minstens 12 huise wat deur die 2496 ha brand verwoes is.
Die berigte verlies oorskry dié van die brand in Hayman, suidelike Colorado in 2002. Dít is die mees verwoestende brand in die geskiedenis van dié deelstaat.
Sowat 3500 mense is uit sowat 1000 huise ontruim.
Vier mense is vermis, terwyl sommige mense hul lewens in gevaar gestel het om hul huise te red.
- AP