Bewyse van oseaan op Mars gekry

2012-02-09 22:27

’n Voorstelling van hoe Mars miljarde jare gelede gelyk het, met ’n reuse-oseaan in die noorde. SKETS: ESA, C. Carreau

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD. – Die Mars Express-ruimtetuig het sterk bewyse gevind dat ’n oeroue oseaan vroeër ’n groot deel van dié planeet beslaan het. Die MARSIS-radar, wat aan die Europese Ruimte-agentskap (Esa) behoort, versamel reeds sedert 2005 data oor die planeet. Die radar dring tot diep onder die oppervlak in en onthul die eerste 60 tot 80m onder die oppervlak.

Verskeie ander ruimtetuie het al foto’s geneem van areas wat soos kuslyne lyk. Dit is selfs moontlik dat daar twee oseane kon gewees het, het dr. Jérémie Mouginot, wat die ondersoek lei, in ’n verklaring gesê.

Die eerste oseaan dateer van vier miljard jaar gelede, toe daar warmer weer was, en die tweede van drie miljard jaar gelede, toe ys onder die oppervlak gesmelt en die water na laer areas geloop het.

“Ons sien bewyse van sedimentêre neerslae en ys. Dit is van ’n lae digtheid wat eie is aan materiaal wat erosie ondergaan het en weggevoer is na die eindbestemming,” het Mouginot gesê. Die latere oseaan sou net tydelik gewees het en net vir ’n miljoen jaar of minder bestaan het. Die water sou weer gevries en ondergronds bewaar gewees het, of verdamp het.

“Ek dink nie dit het lank genoeg bestaan vir lewe om daarin te vorm nie,” het Mouginot gesê.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.