Argentinië, Brittanje in bekgeveg

2012-02-09 22:27

DEN HAAG. – Met die 30-jarige herdenking van die Falkland-oorlog van 1982 binne ’n paar weke het die Argentynse regering ’n woorde-offensief teen Brittanje geopen.

Pres. Cristina Kirchner het selfs aangekondig dat haar land die “onwettige” Britse besetting van die Islas Malvinas, soos die Falkland-eilande in Argentinië bekend staan, by die Verenigde Nasies aanhangig gaan maak.

Sy het Brittanje daarvan beskuldig dat hy die Suid-Atlantiese Oseaan “militariseer” na aanleiding van die feit dat Brittanje een van sy modernste oorlogskepe, die torpedojaer HMS Dauntless, na die eilande gaan stuur. Die Britte sê dit is ’n normale rotering van oorlogskepe wat lankal beplan is. Hulle het al sedert die oorlog ’n oorlogskip in die omgewing aan diens.

Die Argentynse minister van verdediging, mnr. Arturo Puricelli, het aansienlik verder gegaan. Hy het die Britte daarvan beskuldig dat hulle ’n militêre aanval op sy land beplan en gesê Argentinië sal homself verdedig as dit gebeur.

Hy het sarkasties verwys na prins William se ontplooiing na die Falklande as lugmag-helikoptervlieënier, en gesê: “As prins William ’n probleem het, ons het internasionale verdrae geteken wat ons verplig om hom te help. Dis onnodig om ’n oorlogskip te stuur.”

Intussen het die Argentynse ambassadeur in Amerika, mnr. Jorge Argüello, in ’n brief in die New York Times ontken dat sy land ’n nuwe aanval op die Falklande beplan.

“Ná die terugkeer tot demokrasie wil nóg ons regering nóg ons mense ’n situasie soos in 1982 hê en kan hulle hulle so iets ook nie indink nie,” het hy geskryf.

Diplomatieke waarnemers verwag ook nie meer as woorde nie.

Die Argentynse regering weet baie goed dat Brittanje die mag het om enige Veiligheidsraadresolusie wat hy as negatief beskou te veto, en dat die Argentyne se klaery by die VN nie ver gaan kom nie.

Dit word eerder beskou as deel van ’n langdurige diplomatieke uitputtingsveldtog wat uiteindelik die Britte oor jare heen sal laat buig.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.