21 sterf ná bus in rivier val
2010-09-09 12:24
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Nieu-Delhi - Minstens 21 mense is dood en 41 mense is gered ná 'n oorvol bus in 'n rivier in Madhya Pradesh, Indië, geval het.
Die ongeluk het Woensdagaand plaasgevind toe die bus met sowat 70 mense in die Bagdi-rivier geval toe die bestuurder 'n oorstroomde brug in die Dewas-distrik wou oorsteek.
Die busbestuurder het die ongeluk oorleef, en is op aanklag van nalatige bestuur in hegtenis geneem.
Die beseerde passasiers het gesê die bestuurder is verantwoordelik vir die ongeluk omdat hy die bus oor die brug gery het, ten spyte van die feit dat die rivier oorstroom was.
Pawan Jain, 'n senior polisiebeampte het gesê sowat vyf mense is vermis.
Inligting van die regering toon dat sowat 120 000 mense jaarliks in padongelukke sterf.
- SAPA