15 lyke in Mexiko gevind
2010-07-30 10:16
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Nuevo Laredo, Mexiko - Die lyke van 15 mense, baie met merke van marteling en skietwonde, is Donderdag langs 'n pad in noordelike Mexiko naby Amerika se grenspos gevind, het 'n beampte gesê.
Beamptes sê die slagoffers se hande was vasgebind, hul oë geblinddoek en hulle het duidelike tekens van martelings gehad.
Die beampte, wat anoniem wou bly, het gesê van die slagoffers het kopbeserings ook opgedoen.
- AP