Volop gróót flieks oppad in 2012

2012-01-13 06:00

Matt Damon speel die hoofrol in die fliek We Bought a Zoo, een van die prente waarna fliekvlooie in die eerste deel van 2012 kan uitsien.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die begin van die jaar bring altyd ’n klompie goeie flieks, aangesien al die ateljees hul beste flieks vir die “prystyd” spaar.

Wees op die uitkyk vir Cameron Crowe se nuwe fliek, We Bought a Zoo, wat volgende week begin draai. Dis gegrond op ’n ware verhaal en Matt Damon vertolk die hoofrol as die joernalis en skrywer Benjamin Mee, wat besluit sy gesin het ’n nuwe begin nodig ná sy vrou se dood. Hy neem die groot stap om ’n huis te koop in die middel van… ’n dieretuin. Nou wag daar ’n groot avontuur op Mee en sy twee jong kinders. Ook in die rolverdeling is Thomas Haden Church, Scarlett Johansson en die jong Elle Fanning.

Die week daarna kom twee groot kanonne (en in alle waarskynlikheid Oscar-kandidate): Clint Eastwood se nuwe fli ek, J. Edgar , en die ontstellende We Need to Talk About Kevin . Eersgenoemde spog met Leonardo DiCaprio in die rol van J. Edgar Hoover, wat langer as 50 jaar aan die hoof van die FBI gestaan het.

We Need to Talk About Kevin se hoofspeler is Tilda Swinton in die rol van ’n ma wat nie gemaklik is met haar seun nie en die verwoestende uitwerking wat hul verhouding uiteindelik het. Die prent is gegrond op die gelyknamige boek deur Lionel Shriver.

In die eerste week van Februarie kan fliekvlooie uitsien na nóg ’n groot prent, The Descendants, met George Clooney in die hoofrol.

Hy is te sien as ’n man wat in Hawaii woon en probeer om na sy twee dogters om te sien wanneer sy vrou in ’n koma verval. Daar is kritici wat meen Clooney lewer die beste spel van sy loopbaan en hy kan uitsien na ’n Oscar-benoeming.

Kort op sy hakke volg Meryl Streep, wat nog net lof ontvang vir haar spel as Margaret Thatcher in die biofliek The Iron Lady. In dieselfde week – 10 Februarie – en op ’n ligter noot (dit gaan nie enige pryse wen nie, maar die fliek is in Suid-Afrika geskiet) begin die aksiedrama Safe House.

Dié prent is in Kaapstad verfilm en spog met Denzel Washington in die rol van’n voormalige CIA-spioen en Ryan Reynolds as die jong CIA-werknemer wat onverwags op sy hoede moet wees wanneer hy aangesê word om dié veteraan op te pas.

Einde volgende maand begin Steven Spielberg se nuutste prent, War Horse , wat gegrond is op die gelyknamige treffer-musiekspel.

Die eerste kwart van die jaar word in Maart op ’n hoogtepunt afgesluit met Martin Scorsese se huldeblyk aan die rolprentkuns in die fliek Hugo Cabret.

Wees ook op die uitkyk vir Charlize Theron in die donker komedie Young Adult, wat op 16 Maart begin, en ’n slag weer in ’n hoofrol te sien is. Theron vertolk die rol van ’n selfbehepte vrou wat na haar tuisdorp terugkeer om haar ou (en nou, getroude) geliefde se voete onder hom uit te slaan – ’n “heldin” van ’n ander aard.
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

System Administrator

Centurion, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R15000 - R20000

Administrative Officer

Stellenbosch
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

SAP Business One Developer

Irene, Centurion, South Africa
Electus Recruitment
R15000 - R28000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

120i AT (E87)
2005
R 184,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab 4x4 ABS PU
2002
R 132,995.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.