Uitstekende fliek vra meer as een kyk om te waardeer

2010-07-30 08:23

Wat is die werklikheid? Die karakter Dom Cobb (vertolk deur Leonardo DiCaprio) raak verstrengel in ’n gevaarlike droomwêreld in die fliek Inception, deur Christopher Nolan.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Inception
Wetenskapfiksie

Met: Leonardo DiCaprio, Marion
Cotillard. Regie: Christopher Nolan.


Met die donker, dreigende Inception bewys Christopher Nolan weer eens dat hy een van die mees talentvolle rolprentmakers van sy tyd is. (Asof ons dit nog sou betwyfel ná ’n kunswerk soos The Dark Knight.)

Leonardo DiCaprio vertolk die rol van Dom Cobb, ’n man met ’n unieke beroep: Hy spesialiseer daarin om mense te verdoof, hul drome te “betree”, en só waardevolle geheime inligting uit hul onderbewussyn te steel.

Dis korporatiewe spioenasie op ’n heel nuwe vlak en uiters lonend.

Uit die aard van die saak is dit ook ’n baie onveilige en onwettige werk, een wat Cobb bitter graag sou wou agterlaat, as daar nie ’n prys op sy kop was nie.

Uitkoms wink in ’n aanbod van die magtige Oosterse sakeman, Saito (Ken Watanabe), wat aan Cobb die uitdaging stel: Plant ’n idee, eerder as om een te steel, en kry só jou vryheid terug.

Cobb se kollegas dink dis ’n onmoontlike, mal onderneming, maar hy begin tog ’n span bymekaar kry: sy getroue handlanger, Arthur (Joseph Gordon-Levitt), en die verkleurman, Eames (Tom Hardy).

Die laaste lid is die jong student, Ariadne (Ellen Page). Haar taak is dié van argitek, die een wat die droomwêreld moet “bou” sodat dit bekend genoeg is vir die dromer om geen onraad te bespeur nie.

Maak dit nog sin sover?

Gewis is dié regisseur nie een vir ’n eenvoudige verhaallyn nie. Die fliek vra die kyker om te fokus, om te soek na klein leidrade en te let op die talle kruisverwysings, na ander flieks én esoteriese onderwerpe soos die Griekse mitologie (op sigself ’n droomwêreld).

Wat ons hier het, is ’n uiters ingewikkelde labirint.

Veral wanneer Cobb en sy span by die skatryk jong sakeman, Robert Fischer (Cillian Murphy), se onderbewussyn inbreek, raak dinge erg gekompliseerd en moet jy werklik kophou met die vlakke van drome binne drome.

Die leser sou dalk kon redeneer: Vanwaar die spanning, dis dan net ’n droom? Maar drome is gevaarlik en kan ’n lewe van hul eie ontwikkel. Dit is iets wat vergestalt daarin dat Cobb se oorlede vrou, Mal (Marion Cotillard), gereeld en gevaarlik op sy onderbewussyn oortree.

Terwyl die tyd min raak en jy begin vrees dat die diewe vir altyd in hierdie droom-limbo vasgekeer kan wees, begin jou hart so hamer dat jy jouself moet herinner: Toemaar, dis net ’n fliek.

Inception is waarlik een van dié flieks van die jaar.

Die spesiale effekte is skouspelagtig, sonder om oordonderend te wees. Wees op die uitkyk vir ’n gevegs­toneel waarin die karakter Arthur met grasie deur ’n gewiglose omgewing “dans”, asook die beeld van die stad Parys wat letterlik op sy dak gekeer word.

Die akteurs speel goed, met die uitsondering van Page, wat nie heeltemal in die rol pas nie. ’n Hoogtepunt is die spitsvon­dige happerigheid tussen die karakters Arthur en Eames, komieklik in hul kontraste.

Soos met van Nolan se vorige flieks – veral die treffende Memento – is dit die soort fliek wat jy ’n tweede keer wil gaan kyk om weer te waardeer.

En ook, hopelik, om vir jouself die ontknoping uit te klaar. Want Nolan, ewig die poppe­speler, plant reg aan die einde ’n laaste leidraad van wat werklik hier aangaan, ’n dubbelsinnige wenk wat jou hele gewaarwording van die verhaal sal verkleur.

Soos met daardie tipiese nagmerrie wat ons almal van tyd tot tyd het – die een waarin jy val en val – laat hy jou skielik, skokkend gaan voordat jy die finale ontknoping, die trefslag, kon beleef en begryp.

Ouderdomsperk: 13G. Tydsduur: 148 minute.
 

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.