‘Survivor’-klets
2010-03-05 02:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Lees Amanda de Lange se kommentaar en skinderstories oor dié week se episode van Survivor SA: Santa Carolina, wat Woensdae om 19:30 op M-Net uitgesaai word.
As jy gedink het dié week se episode van Survivor het effens vervelig begin, is jy waarskynlik nie die enigste een nie – veral ná verlede week se episode.
Dis altyd moeilik om op ’n hoogtepunt voort te bou, en met hierdie episode het ’n mens aanvanklik gevoel jy huiwer op die randjie van ’n afgrond wat jou na die dieptes van middelmatigheid gaan stuur.
Neem byvoorbeeld die beloningsuitdaging: Die klompie moet mekaar takseer op grond van wie die sterkste/swakste speler is.
Ekskuus?
Al wat vermaaklik daaraan was, was Okkert Brits wat daar staan en sonder om ’n oog te knip sê hy reken hy is beslis nie die sterkste in die groep nie. Dalk ’n vyf of ’n ses ...
Nee, mooi so, Okkie, ons hou van jou nederigheid.
Gelukkig het dinge so ’n bietjie spoed opgetel met die samesmelting.
In die nuwe Kululama het twee mense die kollig gesteel: Izak Davel, wat nie kon besluit by wie sy lojaliteit lê nie, en Ashley Hayden, wat finaal na vore getree het as ’n behoorlik agterbakse knoeier!
Dié vrou het baie beslis haar plannetjies mooi agtermekaar gehad nog voor sy ’n voet op Santa Carolina gesit het. En as sy só aanhou, gaan sy daai spul meesterlik manipuleer tot aan die einde.
As enige van die oorblywende klomp ’n halwe breinsel het, stem hulle haar volgende af! Want Ashley gaan máái onder hulle.
En Izak het waarskynlik nou sy kanse by die voormalige Chibudu-lede verongeluk, sy respek vir Okkie en weiering om teen hom te stem ten spyt.
So, hy sal maar oor sy bruingebrande en gespierde skouertjie moet loer, want die kanse is goed dat hy ’n mes tussen sy blaaie gaan kry.
Deon Maas is tans in die buiteland. Hy sluit weer op 19 Maart by Survivor-klets aan.
Wen lekker pryse met ‘Survivor’
Beantwoord elke week die vrae oor Survivor South Africa: Santa Carolina en die kompetisie-pryse en jy kan een van vier gelukkige wenners wees in Vrydag! se spesiale kompetisie.
Die pryse wat gewen kan word, is ’n HD?PVR (sonder intekengeld) deur DStv, ’n TomTom-GPS, ’n Toshiba-skootrekenaar en ’n Lapdesk met webkamera en ’n koordlose muis van Logitech.
SPEEL SÓ SAAM:
Beantwoord die onderstaande vrae. Daar sal oor die volgende agt weke elke week twee nuwe vrae wees om te beantwoord.
Jy kan elke week deelneem en soveel SMS-inskrywings stuur as wat jy wil. SMS’e kos R2 elk.
Alle korrekte antwoorde word oorgedra na die poel waaruit die wenners op 18 April getrek sal word. Daar sal egter elke week 20 gelukkige wenners wees wat ook vyf gratis bonus-inskrywings sal wen.
Stuur jou SMS’e met die slagwoord “SURVIVOR”, jou twee antwoorde en jou naam (in hierdie volgorde) na 37932.
Inskrywings moet ons voor 11 Maart om 12:00 bereik. Voorbeeld: SURVIVOR ANTWOORD ANTWOORD NAAM
Die antwoord op die Survivor-vraag kan elke week gevind word in die rubriek Survivor-Klets hierbo en die antwoord op die vraag oor die kompetisiepryse in die brokkie hiernaas.
Hierdie week se vrae
1. Wat is die nuwe span se naam?
2. Hoe groot is die TomTom XXl se raakskerm?
TomTom wys jou die pad
Die nuwe TomTom XXL, met ’n raakskerm van 12,7cm en padkaarte van Suider-Afrika, is ontwerp om optimale rigting met ’n ekstra-groot skerm te kombineer. Geniet TomTom se premiumtegnologie, wat die hoogs aangeskrewe TomTom Map Share™ insluit, terwyl jy baat vind by ’n verhoogde skermondervinding. Lees meer hieroor by SlimGatBlok, www.smartcraft.biz.