Musiek

2012-01-27 06:00

 

Lou Reed & Metallica

Lulu
3/5


Lou Reed het sedert sy dae as voorbok van die Velvet Underground gehore gepolariseer. Een van sy solo-pogings, Metal Machine Music (1975), is destyds deur kritici óf as grensverskuiwend verklaar, óf as onluisterbaar afgeskiet.

Met Lulu, sy samewerking met die metal-ikoon Metallica, sit hy hierdie tradisie voort. Weer is daar diegene wat dit as prul afmaak.

Die kultuswebwerf The A.V. Club (www. avclub.com) het Lulu beskryf as “die oorbodigste superster-projek wat ’n mens minstens een keer móét hoor”. Hoe dit ook sy, Lulu sal niemand koud laat nie. Dit het ’n intensiteit en Reed tier soos ’n besete, dangerous old man teen ’n elektriese metal-storm.




Moordende intensiteit: Oasis sonder Liam is darem die luister werd

Dié masjien kort oemf

Noel Gallagher’s High Flying Birds
3/5

Ek lees al jare lank Britse musiektydskrifte soos Mojo, Uncut en Word met groot genot, maar kon nog nooit verstaan hoekom die andersins dodelik kritiese musiekpers op daardie Noordsee-eiland steeds bereid is om Oasis en die megalomaniese broeders Gallagher so ernstig op te neem nie.

Was dié twee bakleiende broers en hul groep se musiek ooit meer as ’n lekker dronk, turbo-aangejaagde huldeblyk aan hul groot helde, The Beatles?

Liam en Noel se paadjies het nou geskei (tot die Oasis-reünie wanneer die geld iewers in die toekoms opraak). Liam se Beady Eye is basies Oasis sonder Noel en laasgenoemde se (in Brittanje) solo-album klink soos, jip, Oasis sonder Liam en die res. Die deuntjies en ritmes is oudergewoonte aansteeklik.




Ceremonials
2/5

Die aanvallige Britse sirene Florence Welch en haar groep se fassinerende debuut, Lungs (2009), was besonder eklekties.

Wees dus gewaarsku: indien jy, soos hierdie resensent, erg was oor Kiss with a Fist en Hurricane Drunk, maar gemengde gevoelens gehad het oor die res, is daar ’n goeie kans dat Ceremonials nie by jou sal resoneer nie.

Haar tweede poging herinner aan die bombastiese musiek vir gimnastrades of die openingseremonies van die Olimpiese Spele; aan liedjies vir motoradvertensies; Enya; en minder geslaagde Bond-temaliedjies deur kwynende kunstenaars wat geld vir plastiese chirurgie nodig het.

Dis Kate Bush op anaboliese steroïede; ’n warmgemaakte weergawe van Annie Lennox met groot sierwiele en ’n afgesaagde haelgeweer van ’n uitlaatpyp.

As jy mal is oor die album se eerste groot treffer, Shake It Out, sal jy wel gaande wees oor Ceremonials.




binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.