Jacques is dol op sy skurk-rol in ‘Erfsondes’

2012-01-27 06:00

Jacques Bessenger, wat die rol van die reeksmoordenaar Renier in Erfsondes speel. Foto: Loanna Hoffmann

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Toe die akteur Jacques Bessenger in die tweede seisoen van Erfsondes op die toneel verskyn, het kykers gou besef sy karakter, Renier, is ’n opperste skurk.

Min het hulle geweet wat voorlê.

Want oor die laaste twee seisoene van dié reeks het Renier net al hoe erger geword.

Aanvanklik het dit gelyk of hy net ’n opportunis en manipuleerder is, maar nou het Renier sy ware kleure gewys: dié van ’n reeksmoordenaar.

Bessenger is dol op sy karakter.

“Dis nogal tricky as jy so ’n karakter moet speel. Dis moeilik om met hom te relate, want ek maak nie mense dood nie.”

Vir ’n oomblik is hy stil en voeg dan al laggende by: “Glo dit of nie!”

Die beste manier om Renier te benader, het hy besef, is nie noodwendig om na ’n donker of bose “plek” te probeer gaan nie. “Hy is koud. Hy het geen emosie nie. Baie van wie hy is word deur sy oë uitgestraal. Dis ’n mindset waarheen ek moet gaan. Ek moet die gebrek aan emosie daarstel. Dis ’n obskure wêreld; hy is nie veronderstel om te lyk soos iemand wat ’n reeksmoordenaar is nie.”

Kykers het die laaste weke so ’n effense blik gekry op Renier se agtergrond. Hoe hy as 13-jarige seun gesien het hoe sy pa sy ma doodslaan. En hoe hy moes help om die bloed op te vee en haar te begrawe.

En dis maar een van die gruwels waaraan Renier as kind blootgestel is. Dalk, wie weet, sê Bessenger, sou Renier ’n heel ander mens gewees het as hy ander ouers gehad het.

Die interaksie in die reeks tussen Renier en sy vrou, Sam (Catriona Andrew), is soms komies.

Maar hier moet Bessenger lig-loop. Sy karakter is immers ’n reeksmoordenaar; hy kan nie die humor te veel geniet nie. “Om lig te speel is lekker.

“Dis moeilik om die onderdrukte emosie te speel.”

Wanneer dit by Sam kom, bieg Bessenger, weet hy nie so mooi wat om van Renier se gevoelens te maak nie. “Ek het al baie daaroor gewonder?…?of Renier hoegenaamd in staat is tot liefde. Aanvanklik het hy net met Sam gespeel. Hy het ’n geleentheid gesien om sy hande op die Spencer-miljoene te kry. Maar nou?

“Ek weet nie wat dit is nie. Ek wil hê hy moet vir haar lief wees.

“Ek dink tog daar moet ’n band van die een of ander aard wees, of hy nou daarvan hou of nie!”

Sam, meen hy, is net die regte soort vrou vir Renier. Dis immers nie of sy ’n engeltjie is nie. Sy het ’n donker verlede en ’n misdaadrekord; sy was die oorsaak dat haar broer Chris (Emmanuel Castis) se tweeling-kinders uit die hospitaal gesteel is.

Sam weet dus hoe om Renier op sy plek te hou. “Ek dink nogal hy hou daarvan wanneer Sam hom so bietjie vasvat. Dis vir hom opwindend.”

Daar is sterk reaksie op Bessenger se karakter. Hy word dikwels met groot oë op straat aangekyk, so al of mense nie seker is of hy hulle dalk gaan gryp en keelaf sny nie.

“Party sal uiteindelik oorkom om te gesels, maar ’n mens kan sien hulle is tog versigtig. En dikwels spreek hulle my as Renier aan en nie as Jacques nie. Mense leef hulle so in, hulle vergeet dis ’n storie.”

Die moeilikste ding van om ’n reeksmoordenaar te speel, is om dit geloofwaardig te doen, vertel Bessenger. Soms, wanneer hy die teks kry, dink hy: “Ag nee! ?Moet ek nou dít doen?”

Maar dan, wanneer die toneel geskiet word, tree die akteur in hom na vore en die handskoene waai. By wyse van spreke.

Dit help darem dat Renier se moorde nie gewys word nie, sê hy.

“Dit was ’n groot uitdaging om die toneel met die ma en kinders te doen. Jy staan daar met ’n sak wat jy oor hul koppe moet trek en hulle lyk so weerloos.

“Maar dan skreeu die regisseur ‘aksie!’ en alle gevoelens gaan by die deur uit.”

Kykers kan hulle maar daarop voorberei dat daar nog báie moorde kom. Dinge word erger, veral met Renier se pa, wat ook op die toneel verskyn.

Daarby kom alles tot ’n klimaks in die vyfde en laaste seisoen van Erfsondes, waaraan nou geskiet word.

Bessenger het nie handjies gevou gesit tussen Erfsondes deur nie. Hy het verlede jaar aan Leon van Nierop se fliek Wolwedans in die skemer gewerk en gaan binnekort ook begin skiet aan die fliek Verraaiers, waarin hy ’n Skot speel.
Die rol in Verraaiers was ’n droom wat waar geword het, vertel hy.

“Ek wou nou altyd in ’n periodestuk speel. En dié speel in die Anglo-Boereoorlog af. Dis alles daar, die klere, die klein huisies.

“En Wolwedans was ook werklik ’n awesome ervaring. Ons het saam met die wonderlikste mense gewerk. Dit was pure geluk om die rol te kry – almal in die bedryf het vir oudisies gegaan!”

Gelukkig dan, want selfs al sou Renier dalk weer agter die tralies beland, sal Jacques Bessenger van krag tot krag gaan.

- Erfsondes word Dinsdae om 19:30 op SABC2 uitgesaai.
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.