Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

Fliek ruk kyker se hart aan flarde

2010-03-05 02:00

Gabourey Sidibe het ’n Oscar-benoeming ontvang vir haar rol as die mishandelde maar dapper tiener Precious in hierdie aangrypende drama.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Precious
Drama
Met: Gabourey Sidibe, Mo’Nique en ander. Regie: Lee Daniels

Nog nooit was daar ’n meer ironiese, koggelende naam as die een wat die 16-jarige swart meisie Precious moet dra nie.

Precious Jones – vertolk deur die nuweling Gabourey Sidibe – het geen bewyse daarvan dat sy kosbaar is nie.
 
“Wat van haar ouers?” mag die leser vra.

Wel, pa Jones het nou reeds sy tweede kind by sy dogter verwek. Dankie tog dié stuk gemors van ’n man is nou uit die prentjie, hoewel die gevolge van sy siek aksies aanhou om haar te teister.

En ma Jones? Soos vertolk deur die sanger Mo’Nique is sy ’n verskriklike, walglike, monster van ’n mens.
 
’n Luiaard wat heeldag voor die televisie sit en lieg oor haar werksaansoeke sodat die staat haar kan subsidieer. ’n Parasiet en ’n swakkeling wat anderpad gekyk het terwyl haar man haar kind seksueel misbruik.

Sy is emosioneel en fisiek gewelddadig teenoor haar dogter; daar is nie ’n enkele sprankie van liefde nie. ’n Mens staar met toenemende skok en ongeloof na die skerm: Wat is fout met die vrou dat sy haar kind so kan haat? So kan aanrand?

Precious verdra al hierdie donkerte deur te ontsnap in kleurvolle verbeeldingsvlugte, wat in skrille kontras staan met die vaal en mistroostige Harlem waar sy bly.

Hier is sy opgetof in ’n sysagte rok, aan’t dans voor ’n waarderende skare, daar is sy die onderwerp van ’n modesessie, met die kameras wat flits-flits. Die luuksheid en glans van hierdie dagdrome is hartbrekend onhaalbaar.

Hoop kom egter in die vorm van ’n toegewyde onderwyser.

Wanneer die skool haar uitskop omdat sy swanger is, word Precious aangemoedig om ’n alternatiewe vorm van opleiding, Each One Teach One, te beproef.

Die klasse is klein en die studente het almal ’n agterstand. Die aanslag maak egter die wêreld se verskil – dis ’n veilige, rustige omgewing waar elkeen teen sy of haar eie pas kan vorder en kan deelneem. En dit is iets wat Precious weldra begin doen.

Hoewel op die oog af stug en onbereikbaar, is Precious eintlik net geweldig teruggetrokke. Waar sou sy ooit selfvertroue kon ontwikkel, met ’n ma wat haar doelbewus vet voer en van kleins af as ’n “dom hond” uitkryt?

Onder die aanmoediging van haar onderwyser, Miss Rain (Paula Patton), begin Precious egter bietjie vir bietjie leer, groei, hoop en droom van ’n beter toekoms.

Die letters van die woorde wat sy so sukkel om aanmekaar te ryg, begin uiteindelik in plek val. Genugtig, die kyker is dankbaar vir hierdie bietjie belofte. Teen die tyd dat daar ’n liggie by Precious opgaan, is jou hart al goed aan flarde.

Moet egter nie dink die prent bied ’n gerieflike, gemaklike einde nie – daar lê nog ’n lang pad vir dié jong moeder voor.

Gelukkig sien ’n mens mettertyd dat sy het wat nodig is om te oorleef, te floreer, selfs.

Wat spel betref, spog die fliek met ’n paar uitstaande vertonings. Die jong Sidibe en die sanger Mo’Nique lewer albei verbysterend oortuigende vertolkings – hul onderskeie Oscar-benoemings is welverdiend.

Kyk ook uit vir die sanger Mariah Carey in ’n gestroopte, verrassende rol as Precious se maatskaplike werkster.

Haar kwalik verskuilde skok en ontsteltenis oor Precious se omstandighede, asook die wyse waarop ma Jones haar wrewel regverdig, eggo presies met dít wat die kyker voel.

’n Mens het dit nodig, hierdie bevestiging. Want dit is amper ongelooflik dat daar sulke wrede wrakke in die wêreld kan wees, en nog erger, dat daar mense is wat só sonder liefde moet leef.

Ouderdomsperk: 16TG. Tydsduur: 109 minute.
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-19°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Head: Compliance

Gauteng - Centurion
Pinpoint One Human Resources (Pty) Ltd
R600,000-700,000 Per Annum Cost To Company

Chief Financial Officer

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R1000,000-1500,000 Per Annum Cost To Company

Chief Financial Officer

Gauteng - JHB North/Sandton
Network Finance Menlyn
R1000,000-1500,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video