Dave het roeping gevind en dit gaan uitstekend

2011-12-15 22:14

Dave van Vuuren, sewende Idols-wenner.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Met sy stywe denimbroek, blou langmouhemp en deurmekaar kuif het hy sy weergawe van City and Colour se Day Old Hate aangepak. ’n Bietjie minder as twee minute later is hy aangewys as Suid-Afrika se nuwe Idol.

“Ek wil mense leer om musiek te waardeer en ek wil my musiek met mense deel. Ek wil die wêreld verander – met musiek,” vertel die 21-jarige David van Vuu­ren enkele maande nadat hy met die Idols-titel bekroon is.

Dit gaan goed met hom. Sy debuutalbum, Free the Animals, is in November uitgereik en hy is verloof aan die vrou van sy drome.

’n Mens kan nie help om te dink sy siel is nie vir die 21ste eeu gemaak nie. Hy hoort saam met sy groot inspirasie, Jeff Buckley, op ’n verhoog – hoewel hy nie saam met Buckley sou wou optree nie.

“Ek sou op my rug op die verhoog gaan lê en net alles indrink, net luister na die beste musikant wat daar is.”

Hy het in die Idols-kompetisie die beoordelaars sowel as aanhangers met sy weergawes van ander kunstenaars se liedjies beïndruk. Die vertolking wat waarskynlik die meeste uitstaan, is Vincent van Don McLean, die liedjie wat oor Vincent van Gogh handel.

Dave se weergawe van Vincent is ook opgeneem op Free the Animals, wat uit twee CD’s bestaan. Die tweede CD bevat ses liedjies wat in die ateljee opgeneem is en sluit in Day Old Hate en The Blower’s Daughter van Damien Rice.

Die titel van die CD verwys na die negatiewe gedagtes wat die mens saam met hom dra. “Ons het elkeen diere, oftewel negatiwiteit, waarvan ons ontslae behoort te raak. Die mens is selfsugtig en miskien as ons meer omgegee het, sou baie meer diere nog soos vroeër jare vry kon rondloop.”

Hy het sy roeping gevind en is vasbeslote om sy boodskap oor te dra: “Ek wil mense leer om hul hart en siel te volg. As elkeen dit doen, sal die wêreld ’n baie beter plek wees. Dit is tyd dat ons van al die negatiwiteit ontslae raak. Geluk kom van binne ons.”

Wanneer hy oor Jess Nolan, sy verloofde en die liefde van sy lewe, gesels, kry jy hom nie gou weer stil nie. “Sy is my sielsgenoot. Ek wil en gáán die res van my lewe saam met haar deurbring. Wat tussen my en haar is, is pragtig.”

Die twee beplan om in Oktober 2012 hul liefde vir mekaar amptelik te maak. Hy het ’n indrukwekkende debuutalbum, ’n blink toekoms wat wag en sy verloofring is aan sy geliefde se vinger. Dit gaan goed met Dave van Vuuren.

  • Dave wil in Februarie met ’n landwye toer begin. Besoek sy Facebook-blad by www.facebook.com/davidvanvuuren vir meer inligting.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.