Bacchus Nel en eerlike folk in Rosendal

2011-12-15 22:14

Bacchus Nel en die trekklavierspeler Rynier Prins in aksie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Teatergangers in Rosendal kry Sondag met ’n perd, oftewel ’n klank, van ’n ander kleur te doen wanneer ’n rasegte folk-trio musiek maak soos dit aan die begin van die vorige eeu geklink het.

Maar daarvoor moet tot die tweede helfte gewag word, want voor pouse is Bacchus Nel eers aan die beurt.

Dié sanger-liedjieskrywer het vanjaar sy tweede album, Tussen junk & jewelry, uitgegee ses jaar nadat sy debuutalbum, In die arms van die nag, verskyn het .

Op die nuwe CD is daar liedjies soos Die dooie hoender wals, wat ’n mens aan Brel herinner, Bitterblou en So blou as wat kan kom met ’n orreltjie wat saamkreun. En daar is selfs ’n liedjie oor vuil skottelgoed en ’n asblik, wat in Nel se talentvolle hande tot poëtiese status verhef word.

Marissa West, wat op die CD ’n paar duette saam met Nel sing, sal nie Sondag saam met hom op die verhoog wees nie.

Maar Nel en sy kitaar sal daar wees, en sy musiek, wat soos klankskilderye voor jou sal afspeel.

Die folk-musikante in die konsert is Vana en sy Foot-Up-Folk Trio van Pretoria wat hul bluegrass, country en standaard-folkmusiek baie ernstig opneem.

Die afgelope vyf jaar het hy en die groepe Velvet and the Horse, Green Acre en The Oh So Serious Folk Collective dié musiek op feeste soos Splashy Fen, Durban Blues en Oppikoppi gemaak.

Vana is die sanger en kitaarspeler en Sondag is sy Foot-Up-Folk-vennote die trekklavierspeler Rian Britz en kontrabasspeler Rynier Prins.

’n Mens kan sommer van die instrument-kombinasie aflei dit gaan ’n onopgesmukte vertoning wees.

Vana skryf self van die liedjies en daarvoor put hy inspirasie uit die musiek van die vorige eeu kry.

Dit kan ook gehoor word op die albums Havana Pepper, Like Good Wine en Oh So Serious Folk Collective.

Bespreek vir die vertoning by 0 058 211 0902.
 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.