Weerloosheid en lyflikheid

2011-11-18 21:56

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Marlise Joubert
Splintervlerk
Protea, R140
 
Marlise Joubert se sewende digbundel is 'n uitstalvenster van 'n beleë digterskap. Met die verloop van baie jare het sy haar eiesoortige vroulike stem in Afrikaans laat hoor, en met hierdie nuwe bundel bereik sy in haar oeuvre vir seker 'n bepaalde hoogtepunt.

Met bepaald een van die heel mooiste voorblaaie tot nog toe word die skildery van Joubert die kodeslot van die bundel. Hierin word lyflikheid, naaktheid (= weerloosheid), beweging en vryheid naas mekaar gestel binne die sentrale bundelmetafoor van “lumbale mikrodiskektomie”, die mediese prosedure waarin die “vier ontsteekte vlerkies” van die laerugwerwels gedeeltelik verwyder word.

Binne hierdie konteks sluit die bundel aan by 'n ryk tradisie van siektepoësie (Ernst van Heerden, Opperman, Cussons, Knobel, Hammond, Vos en Anlen Marais), maar groei dit genadiglik tot meer as “gedagtes oor ons droewige verganklikheid”. Die bundel word veel meer as sleursange oor “hierdie / brokkelrots van pyn”, “waar die splinters vlerk verwyder is”. Met die verloop van tyd heel poësie die wonde: “alles hoort en alles los op / soos nylonsteke in 'n wond.” Die siekte word die impetus tot heling, en 'n nuwe verstaan van vryheid, al sou dit wees met “gelapte vlerke”.

Hierdie gedagte is nie nuut nie, maar hier word dit wel 'n boeiende digterlike verslag van siekte en genesing, soos die stemvurkmotto van R.S. Thomas dit verklank: “Winter rots you; who is there to blame? / The new grass shall purge you in its flame.”

Om te kan skryf en skilder word 'n dwingende ontsnappingsroete “uit hierdie tydelike gaasverband”, maar pen en penseel bring tog ook 'n nuwe sin en samehang, uiteindelik ook die kartering van 'n nuwe identiteit. Die groeiende identiteit kry veral beslag deur die geliefde, hier veral “the wounded healer” wat integrasie bring; 'n herontdekking van die eenvoudige dinge van die lewe wat waarde en geluk beliggaam. (Die pragtige gedig “in die koel lug”, wat handel oor intimiteit ná 'n lang tydperk van gedwonge selibaatheid, word 'n triomf van die mens wat deur die liefde tot volkome genesing kom: “ons plant 'n boom in die graf.”)

Die vyftigtal gedigte word 'n jubilee, 'n terugkoop van alles wat verloor is en verweer het, en word 'n bruisende poëtiese “ruggraatrivier van bloed en murg”.

Hierdie pragtige metafoor wys Joubert se deeglike greep op taal, en is myns insiens die waarmerk van haar digterskap. Juis daarom staan die soms gedwonge metaforiese bewustheid soos seer werwels uit, veral deur die oorgebruik van die genitiefskonstruksie: “foto's van verlange”, “spelfoute van die lyf” “die gebroke sintaksis van die liefde”, “die linte van nabetragting”. Wat ook afbreuk doen aan die bundel, is die baie siekte-inventarisse, en verloopte gedigte - gedigte wat draal nadat die poëtiese moment verby is. Soms is daar te min kohesie, soms te min uitdaging in van die gedigte en van die versreëls (“sy is moeg vir hande vol pille sluk”, “pille vir pyn en pille vir slaap”, of: “Afrika is bekend daarvoor, nie waar nie?” Hierdie oortollige poëtiese been druk die senuwees.

Maar nét dan is daar 'n onverwagte versbeweging, en “hou splinters asem op” oor die poëtiese verrukking, word dit taalsnoere wat verbind en heelmaak.
Amanda Lourens het in 'n akademiese betoog 'n goeie saak uitgemaak vir 'n sterker posisie vir Joubert binne die literêre stelsel, wat ek glo ná die verskyning van hierdie bundel bepaald sal gebeur. - Tom Gouws is 'n bekroonde digter en dramaturg. 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.