Talle woorde reeds geborg

2012-02-03 21:56

JOHANNESBURG. – Met ’n maand van die Borg ’n Woord-projek oor is 2000 woorde reeds “gekoop”.

Só het dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), oor hul fondsinsameling gesê.

Enigeen kan ’n Afrikaanse woord teen R100 borg. Die geld wat só ingesamel word, stel die WAT in staat om sy werk voor te sit. Uit Londen het mnr. Mikael en me. Marina Grut “laatlammetjie” en “boeretroos” geborg.

Mnr. Evgeny Artemov van Moskou het sy beursie vir die woorde “sjoe!” en “aikôna!” uitgehaal.

“‘Sjoe!’ en ‘aikôna!’ is my alternatiewe gebruikersname op verskeie internetforums,” het Artemov gesê. “Hulle klink vreeslik fris en eksoties hier.”

Me. Erika Janse van Rensburg borg die woordjie “die” omdat sy meen dit word gering geag en deur “jou” verdring. “Daar word gepraat van jóú reënvalsyfer, jóú temperatuurvoorspelling, jóú misdaadsyfer en: ‘Jy neem jóú meel en jy meng dit met jóú eier’,” het sy gesê.

Mnr. Izak Spangenberg het “oorstaanjaar” (“vir die lelike gap-jaar”) gekies, terwyl mnr. Robert Harm onderneem het om elke maand van 2012 ’n seiljagterm te borg. Hy het met “fokseil” begin.

Die Albatros-gholfklub in die Oos-Kaap het elke speler wat ’n Engelse term op die baan gebruik het, ’n boete van R1 laat betaal. So is R300 in ’n japtrap ingesamel om “albatros” (drie houe minder as syfer), “spogtwee” (twee houe vir enige gat) en “brouhou” (een hou meer as syfer) te borg.

Mnr. Teo Louw wil die langste woord in Afrikaans borg en die WAT het moontlikhede aan hom voorgelê soos “soldatetentoonstellingstoegangskaartjieknipapparaatbedieningsmeganismehersteller”Een woord, volgens dr. Botha en “Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein”.

Talle mense en organisasies het R5000 uitgehaal om ’n woord eksklusief te borg.

Onder hulle is die skrywer ­Deon Meyer, wat “spanning” gekies het, die geskiedkundige prof. Herman Giliomee met “sukkel” en die sakeman mnr. Steve Booysen, wat op “waardes” besluit het.

Mnr. Theo van Wyk borg “so- siogeniëring” (die Afrikaans vir social engineering).

In ’n brief aan Botha het adv. Tjaart van der Walt, wat R5000 vir “advocatus diaboli” uitgehaal het, geskryf: “Dit was na ’n lang dag in die hof waar ek satan homselwers as ’n kliënt gehad het. Ek het soos die spreekwoordelike advocatus diaboli/duiwelsadvokaat gevoel.” Nog eksklusief geborgde woorde is “bemagtiging” (die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans), “burgerregte” (AfriForum), “dagbreek” (Dagbreek Trust), “integriteit” (me. Mariette Rossouw), “Jesus” en “radio” (RadioTygerberg), “jukskei” (mnr. Stephan Niehaus), “seëninge” (mnr. Nico Myburgh), “sonsaksopie” (mnr. Paul Kruger), “tameletjie” (me. Adelia Carstens), “Voortrekkers” (die Voortrekkers) en “naasteliefde” (mnr. Andries van der Merwe, me. Lizbe van den Heever en me. Mariëtte Maritz).

Afri-Infra Raadgewende Ingenieurs het met R10000 dubbel seker gemaak “Tafelberg” is slegs hulle s’n. Deelnemers het nog tot 29 Februarie kans om ’n woord te borg en daarmee in aanmerking te kom vir ’n Absa-belegging van R25000. Besonderhede by www.wat.co.za.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior Analyst Programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.