Skrywer sterf twee maande voor debuut

2012-02-01 23:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

SKAARS twee maande voordat sy langverwagte literêre debuut in boekvorm sou verskyn, is ’n Johannesburgse skrywer die naweek onverwags aan ’n hartaanval dood.

Jacques Pretorius (38) se So lig soos klip oor ’n jong polisieman verskyn einde Maart. Tafelberg-uitgewers beskryf die werk as “uitdagend” en “uiters verontrustend”.

Pretorius, wat teologie en filosofie aan die destydse RAU (vandag die Universiteit van Johannesburg) gestudeer het, het sy eie maatskappy gehad en die afgelope jaar meestal tyd aan sy boek bestee.

Sy vrou, Christelle Snyman, met wie hy in Oktober getroud is, het gesê: “Die boek was so ’n groot verwesenliking van Jacques se droom en ek is so hartseer dat hy nie die volgende een sal klaarmaak nie. Ek sal alles in my vermoë doen om te help dat die boek ’n sukses is.”

Die verteller in So lig soos klip is ’n polisieman wat in die brandende townships van die 1980’s diens doen. Dit is ’n lewe op die randjie van die afgrond en daarom is sy eerste lewensbeginsel: Hou altyd die laaste patroon vir jouself.

Dit is met sy opleiding in sy bewussyn ingestamp – Reël Nommer Een.

Met die polisie as surrogaatpa is hy ook ideaal toegerus vir die jagtog van sy lewe – die soeke na die ideale vrou.

Hierdie private jagtog van hom is net so meedoënloos soos die polisielewe. Soos die openbare geweld in die townships eskaleer, groei in hom ’n intieme geweld, net so donker en net so vernietigend.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.