Rocker val glo vrou in hysbak aan
2010-09-09 12:28
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Kaapstad – Vince Neil, sanger van die rockgroep Motley Crue, word van aanranding aangekla nadat hy glo ‘n vrou in ‘n hysbak aangeval het.
Die beweerde slagoffer, wat anoniem wil bly, sê Neil het haar in ‘n hysbak in ‘n Hilton-hotel in Las Vegas aangeval toe sy Sondagaand na haar hotelkamer teruggekeer het.
Die vrou sê sy het vir Neil herken, maar kon nie sy naam onthou nie.
Toe sy hom vra om sy identiteit bekend te maak, het hy haar glo aangeval.
Lees meer hier.