Kaapstad

Saterdag

Sunny. Mild.

13°C
18°C

7 day forecasts

'Phuza Thursday' afgestel ná Survivor-man se ongeluk

2010-03-10 13:22

Dorette Marais

Kaapstad - Die platejoggie Gareth Cliff het op die sosiale netwerk Twitter gesê die radiostasie 5FM se weeklikse instelling 'Phuza Thursday', sal Donderdag afgestel word.

Dit kom nadat die musikant Molemo Maarohanye, beter bekend as Jub Jub, en Themba Tshabalala, ’n vriend, na bewering in twee Mini Coopers tussen ‘n klomp kinders ingeploeg het. Hulle was glo onder die invloed van alkohol toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Cliff sal 'Phuza Thursday' nie more gevier word nie om ‘n punt te maak oor dié kinders se tragiese dood.

Phuza is ‘n Zulu-term vir drink en 'Phuza Thursday', word weekliks op ‘n Donderdag ‘gevier’. Dié konsep is glo deur Cliff self uitgedink nadat hy kommentaar gelewer het oor inwoners van Johannesburg wat hul naweek op ‘n Donderdag al begin vier deur dronk te raak.

Die radiostasie sê tog gereeld dat net omdat die woord Phuza drink beteken, dit nie noodwendig die inname van alkohol moet wees nie en dat hulle nie dronkbestuur ondersteun nie.

Prince Mahube (17), Phumelelo Masemelo (16), Mlugisi Cwayi (17) en Andile Mthombeni (19) is Maandag tydens dié voorval dood.  Dié vier vriende is op die toneel dood, terwyl twee ander skoolkinders, Fumani Mushanana (17) en Frank Mlabo (18), ernstig beseer is en na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is.

Maarohanye, wat ook ’n deelnemer aan Survivor SA: Santa Carolina was, en Tshabalala het glo resies gejaag toe die ongeluk gebeur het.

Die twee mans het Woensdagoggend kortliks in die beskuldigdebank van die Protea-landdroshof verskyn op vier aanklagte van moord, twee aanklagte van poging tot moord, ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur en een van bestuur onder die invloed van alkohol.
 
- Nuus24

Lewer kommentaar op dié storie


Karen 3/10/2010 1:41:14 PM
Ek kan nie dink hoe hoel die ma's van die kinders wat dood is nie, ek hoop regtig dat die gereg sy gang sal gaan en die 2 manne gestraf sal word.
JOHN 3/10/2010 1:42:34 PM
Drank word deur te veel mense opgeheuwel.Kyk net wat doen die leiers van die land met hulle uitspatige partytjies waar drank vrylik vloei.Hierdie celebs glo dit is n fashion om so dronk te work en dat hulle kan doen wat hulle wil.Kyk net vir Mandoza wat twee mense se dood veroorsaak het en niks oorgekom het.Wat van Doc Khumalo,sy saak is doodstil.Waar gaan die lewe draai met hierdie gemors wat om ons aangaan
Anoniem 3/10/2010 1:43:42 PM
Stuur die manne tronk toe vir lewe!! weet so iets gaan nie gebeur nie, maar 'n mens kan seker maar droom...
The Oracle 3/10/2010 2:04:59 PM
Tragies.
Hoop Joop-Joop en sy mater sit vir ten minste 10 jaar!
Kaalvoet 3/10/2010 2:18:04 PM
Ons samelewing het 'n drankprobleem. By bykans elke sosiale geleentheid is drank die norm. Ek wonder watter persentasie drankadvertensies uitmaak op radio, T.V. en tydskrifte. Dan praat ek nie eers van die sport borgskappe ensovoorts nie. Dit vat 'n ongeluk om ons te leer oor die gevare van drank. Dan sê ons " ag shame" en vat nog 'n sluk.
Koos 3/10/2010 2:23:26 PM
@John: Wat is opgeheuwel? Dra hulle dit teen 'n klein bergie op - of wat?
Nickey 3/10/2010 2:35:26 PM
Dis jammer dat hierdie kinders dood is as gevolg van drank. Maar wat my die meeste die hel in maak is dat daar 'n helse bohaai gemaak word oor rook. Oralster is rook verban maar jy mag suip. Moet net nie rook nie. Vat nou maar 'n simpel voorbeeld. Jy mag nie rook naby kinders of in 'n restaurant nie, maar jy mag maar drink met kinders aan jou tafel en in jou kar klim en ander mense se lewe op die spel plaas. Nee wat. Ek hoop hierdie mense sit baie lank in die tronk. Hulle het kinders weggeneem van hulle ouers af. Miskien moet die regering meer geld spandeer om drank misbruik te voorkom as om eerder geld te spandeer op rookwette!!
Jou_Ma 3/10/2010 2:36:16 PM
"beter bekend as Jub Jub, en Themba Tshabalala, ’n vriend, na bewering in twee Mini Coopers"

Let wel: Na bewering.

Die feit dat hulle die motors bestuur het maak hulle nie skuldig nie. Hulle moet eers in die hof skuldig bevind word so hulle het na "bewering" onverskillig bestuur.

Iets van daai stelling steek my dwars in die krop.
absa 3/10/2010 2:53:41 PM
Ek is nogal rerig jammer vir die familie van daardie seuns - wat tragies gesterf het. Wys maar net hierdie celebs het geen respek vir die wat hulle so ondersteun nie want as hulle respek gehad het vir die sameleweing sou hulle in die eerste plek nie so rusies gejaag het nie.Just show hulle is geen rolmodel vir ons kinders nie. Ek doen n beroep op sy fans om hom nie meer te ondersteun nie.Een van die slagoffer was nogal n fan van hom. Hoop geregtigheid word geskied.
CM 3/10/2010 2:56:13 PM
Ek weet almal gaan sê die kommentaar kom van 'n roker, en ja dit is waar. Maar rook word veroordeel as die aartssonde terwyl drank en die gebruik (of misbruik, elkeen se opinie verskil oor waar die grens is) daarvan stilweg goedgekeur word. By watter persentasie ongelukke op ons paaie is drank betrokke? Hoeveel kinders is in die kinderhuis agv drank? Hoeveel gesinsgeweld, moorde en aanrandings...... So kan ek voortgaan. As kinders van ouers wat gerook en gedrink het kan sê wat hulle die meeste beinvloed het, kan mens net raai wat hulle sal sê. Is ek die enigste wat so dink?
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne volksblad

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-17°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrical Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Cost Engineer/ Estimator

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Embedded Software Engineer

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 1.4 Professional
2008
R 129,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0T FSi Ambiente 155kW MY09 Multitronic
2009
R 389,000.00

RENAULT

Modus 1.2 Authentique 5-dr
2005
R 84,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Tot 40% Af op Sagtebande

Miljoene Titels

Maak gebruik van dié fantastiese geleentheid & koop wonderlike nuwe uitreikings & ou gunstelinge.

Besoek www.kalahari.net vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
  • top-profiel

  • top-gebeurtenis

  • top-galery

  • top-video