‘Op 75 goeie jare, Braam’

2012-02-08 22:20
Abraham H. de Vries

Abraham H. de Vries

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n GOEIE 55 jaar ná sy eerste boek vier die skrywer Abraham de Vries vandag sy 75ste verjaardag. Kollega Wium van Zyl dink na oor ’n man in wie se werk droefheid en humor ewe tuis is

“EK het grootgeword met diewe en moordenaars wat ontsnap het en dan in vervalle murasies of in Swartberg se klowe tussen ruie bosse wegkruip. Gange waarin iemand afstap en dan skielik die reuk van die dood kry, vrouens wie se hare in een nag heeltemal grys word, gesmoorde gille, dig toe vertrekke waarin klippe of klonte vars bloed op mense val, dit het nie net in my nagmerries bestaan nie. Maar daar was ook dié stories wat jou gevoelens verwar het ...”

Só vat ’n fiktiewe skrywer in Abraham H. de Vries se Skaduwees tussen skaduwees (1997) die Kannalandse oerbronne saam waaruit sy verhaalkuns ontstaan het.

Op abstrakter vlak verwys hy daarna as die onbegryplike, die verskriklike, die onverwagte en (soms) droefheid. ’n Mens sou, denkende aan die werklike skrywer, wou byvoeg: partymaal ook ’n skaterlag, selfs vir lesers wat hy in ’n strik gelok het. Want vra jy hom byvoorbeeld na die geleerde dr. Thelo, wat aand ná aand bogenoemde verhale met die skrywer se vader sou sit en uitwissel het, blyk dit dié het nooit bestaan nie. Net so min soos sy boek met die tergende maar dubbel fiktiewe titel Myth and Reality, the Karroo and the Camdeboo ( Balkema 1961) vertaal as So het hulle vertel!

Nou is die werklike Braam 75, en is dit 55 jaar sedert sy eerste boek, Hoog teen die heuningkrans, opgevolg deur tientalle ander. En ook deur akademiese studies, polemieke oor landsake, dokumentêre rolprente, veldtogte vir die belange van medeskrywers, internasionale optredes.

Hy is steeds buitengewone hoogleraar aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

Die meestervertellers van die Klein Karoo was inderdaad vir hom rigtingwysers, hoewel sy groot kundigheid oor literêre teorie steeds meespeel. Uit een van hulle, sy groot vriend Isak Bruwer, se mond kon ek self hoor van byvoorbeeld ’n liefdesdilemma waar tweetjies se verhouding deur ouers van weerskante so ingeperk word dat hulle slegs in die naasliggende hoenderhokke kon ontmoet.

Of van die dorpspan wat op pad terug van waar ook al steeds ’n laaste bier gaan drink het in Barrydale se hotel wat destyds aan twee susters behoort het. Die een het mos so ’n imponerende boesem gehad...

Dit is uiters gepas dat die KKNK vanjaar aan Braam ’n Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Lewensbydrae gee. Dit is ook verblydend dat na hom verwys word as “meesterkortverhaalskrywer” en “kontreistorieverteller”.

Die vernaamste rede waarom hy oor die jare so stief behandel is deur onder andere die toekenners van Akademie-pryse, is waarskynlik dat die hoë letterhere en letterdames deur sy twee oeuvres verwar word.

Allereers is daar die “ernstige” verhale wat altyd nog die kern van sy werk uitgemaak het en waarvan verlede jaar ’n bloemlesing, Die behoue huis, verskyn het.

Daarteenoor staan die komiese kontreistories soos in Rooikoos Willemse is soek (2006), net mooi dit wat geleerdes afskrik. Wat die saak nog ingewikkelder maak, is dat De Vries soms glimlagstories as springplank gebruik na die groot temas van die wêreldletterkunde, soos die einste Rooi Koos.

Braam is deurgaans ’n vakman op soek na nuwe maniere van vertel. Dit verbaas dus nie dat ’n jonger skrywer soos Etienne van Heerden juis De Vries se werk vir ’n doktorsgraad gekies het.

Nog ’n sonde is dat hy by uitstek kortverhaalskrywer is. Dit is ’n genre wat by prystoekennings ontereg laer geag word as die roman. De Vries se werk self dui op die mistasting. ’n Enkele bundel van hom, dikwels selfs ’n enkele verhaal, stel groter eise aan die leser en omvat meer as die meeste romans.

Daarom is die tyd ryp vir die instel van ’n jaarlikse Abraham H. de Vries-prys vir die Afrikaanse kortverhaal, by uitstek die genre vir die volgehoue verfyning van ons prosa. Intussen sal Braam se eie werk bly flonker vir wie dit ook al oopslaan lank-lank nadat berigte oor pryswenners vergeel het.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.