Nuwe Schuster-fliek draai binnekort

2012-02-10 22:03

Leon Schuster en Kenneth Nkosi in ’n toneel uit Mad Buddies. Foto: Disney

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Leon Schuster se lang verwagte Mad Buddies is in die pylvak.

Boonop gaan Ed Jordan, TV-aanbieder en komponis wat vir die klankbaan van Spud verantwoordelik was, ook dié van Mad Buddies behartig, het Schuster gister gesê.

“Ek is baie opgewonde om saam met hom te werk. Al die medewerkers aan die fliek het my baie opgewonde en moedig my aan om iets spesiaals aan die fliekganger te bied.”

Jordan sal teen middel Maart sowat 19 stukke musiek vir die fliek klaarhê. Mad Buddies sal in Junie, net betyds vir die skoolvakansie, begin wys.

“Die klankbaan vang die ondeundheid van die karakters vas,” het Jordan, ’n Sama-wenner, gesê.

“Omdat die wit ou, Leon, en die swart ou, Kenneth (Nkosi), teen mekaar te staan kom, het ek elemente van kwaito groove, reggae en regte sakkie-sakkie-musiek saam gebruik.”

Walt Disney, wat die fliek gedeeltelik finansier, het gisteraand vir die eerste keer ’n rofweg geredigeerde weergawe daarvan gesien en Schuster sal vandeesweek hoor wat hulle daarvan dink.

“Hopelik is Disney tevrede, dan hoef daar nie baie veranderinge aangebring te word nie.”

Hoewel dié fliekreus se betrokkenheid volgens Schuster die grootste deurbraak van sy loopbaan is, hang sy senuwees aan ’n draadjie.

“Ek het skoenlappers én ’n naar kol op my maag. Vanaand (gisteraand) sien Disney en sowat 60 mense uit die publiek die fliek. Die doel is om te hoor waarvan hulle gehou het en wat volgens hulle nie inpas nie. Disney se betrokkenheid plaas groot druk op my. Daarna begin die finale redigeringsproses wat nou al my tyd in beslag sal neem.”

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.