Mandela se sjef stel kookboek bekend

2012-02-03 21:56

’n Emosionele Xoliswa Ndoyiya, oudpres. Nelson Mandela se persoonlike sjef, ontvang ’n geraamde weergawe van haar kookboek met ’n nota van Mandela onderaan. Foto: Mary-Ann Palmer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Die “madam” wat oudpres. Nelson Mandela se persoonlike sjef leer kook het, was daar toe Xoliswa Ndoyiya haar kookboek bekend gestel het.

Ndoyiya se boek, Ukutya Kwa­sekhaya: Tastes from Nelson Mandela’s Kitchen, bevat die resepte van disse wat Ndoyiya die laaste 19 jaar vir die staatsman en sy gesin gekook het. Al was Mandela nie self by die bekendstelling nie, was sewe van sy familielede daar en sy kleinseun, mnr. Hlanganani (Luvuyo) Mandela, het vooraf vertel hoe “Mam’ Xoli” meer ’n familielid as net ’n kok in hul huis was toe hy grootgeword het.

Die ouditorium by die Nelson Mandela-stigting in Johannesburg was Donderdag stampvol. Van heel agter in die ouditorium het me. Paulette Rothstein geesdriftig vir haar voormalige werknemer gewaai toe dié vra of haar “madam” ook daar is.

“Ek is so trots op haar en opgewonde vir haar onthalwe dat ek gisteraand (Woensdagaand) amper glad nie geslaap het nie,” het Rothstein ná die verrigtinge gesê.

Sy het vertel Ndoyiya het as ’n jong meisie van die Oos-Kaap gekom en by hul huiswerker, me. Miriam Ngcayicibi, gebly terwyl sy werk gesoek het. Rothstein het besluit om haar ook aan te stel en haar te leer kos maak.

“Sy is ’n baie spesiale vrou en my kinders was mal oor haar.”

Op ’n dag in 1992 het Ndoyiya aangekondig al is sy baie gelukkig, het sy ’n ander werk gekry en sy moes die Rothsteins verlaat.

“Sy was baie geheimsinnig daaroor en ek het gehuil en letterlik aan haar rok getrek om te keer dat sy loop.”

Rothstein het vertel sy het The Star eendag oopgemaak en ’n artikel oor bekendes en hul sjefs gesien. Sy het die klein foto onder Mandela s’n dadelik herken en uitgeroep: “Haai, daar’s Xoli!”

Sy het nooit geweet haar voormalige huiswerker werk vir die president nie.

Ndoyiya was baie emosioneel toe sy in haar toespraak almal bedank het wat tot die boek bygedra het en het ’n traan weggepink toe sy ’n geraamde weergawe van haar boek met ’n nota van “Tata” self ontvang het. “Dankie dat jy ons al hierdie jare so goed gevoer het,” lui die handgeskrewe briefie van die 93-jarige staatsman.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

Triton Club Cab 2.5 Di-D PU
2011
R 199,900.00

MERCEDES-BENZ

C200K CLASSIC AT
2003
R 109,900.00

FORD

Ranger 2500 TD D-Cab Hi-Trail XLT Dsl
2005
R 164,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.