Madonna wil skoolprojek in Malawi laat herleef
2012-02-01 23:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
JOHANNESBURG. – Die popster Madonna het aangekondig sy gaan saam met ’n Amerikaanse liefdadigheidsorganisasie werk om skole in Malawi te bou.
Sy het ’n vorige soortgelyke projek, ’n akademie vir meisies op die dorpie Chinkota buite die hoofstad, Lilongwe, vroeër laat vaar weens finansiële wanbestuur en regsgedinge.
“Hierdie ?is steeds ’n groot voorkeur?in ?my ?lewe ?en ?ek is opgewonde dat ons met die hulp van die liefdadigheidsorganisasie Build On doeltreffend vorentoe kan beweeg,” het Madonna volgens haar Raising Malawi-organisasie Maandag in ’n ?verklaring ?gesê.
- Sapa - AFP