Kosboek oortref (weer) rekord
2012-02-01 23:00
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
DIT was bitterlike harde werk wat haar ma se boek die sukses gemaak het wat dit vandag steeds is, sê Eunice van der Berg, die dogter van die kookboeklegende Ina de Villers. En Tant Ina, soos almal haar geken het, oortref vandag steeds rekords – 60 jaar nadat Kook en geniet in haar agterplaas in Pretoria die lig gesien het.
Dié immergroen resepteboek het pas die magiese verkoopsyfer van 1111111 oortref.
Human & Rousseau het die publikasieregte van sowel die Afrikaanse as Engelse boeke in 1990 oorgeneem nadat De Villiers dit al die jare self uitgegee het.
Van der Berg, ’n huishoudkundige soos haar ma, het later langer as ’n jaar saam met ’n vriendin en kollega, Heleen Meyer, aan die bygewerkte uitgawe gewerk, wat in November 2009 verskyn het.– Elmari Rautenbach
- Volksblad