Jeugroman verander Pretoria in ’n fliekstel

2012-02-08 22:20

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Opwindende nuwelinge in die hoofrolle, veterane wat bystand verleen, Pretoria se Garsfontein en Menlopark as agtergrond en ‘n bekroonde jeugboek deur ‘n Blou Bul-ondersteuner is die bestanddele van ‘n splinternuwe fliek wat nou vir kykNET in Pretoria verfilm word.

Derick van der Walt het in 2008 die Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur en die jaar daarna die M.E.R.-prys vir jeugboeke gewen vir Lien se lankstaanskoene, uitgegee deur Tafelberg. Die boek, wat landwyd vir IEB-skole voorgeskryf is, is die aangrypende verhaal van ‘n matriekmeisie wat te midde van ‘n gesinskrisis leer ‘n mens het meestal twee keuses onder sulke omstandighede: óf jy sink, óf jy swem.

Die draaiboek is behartig deur die bekende teaterregisseur en dramaturg Saartjie Botha.

Van der Walt het gister gesê hy was dié week op stel by die besige Hoërskool Garsfontein, maar was só besig om te lyk asof hy alles gewoond is dat hy skoon die naam van een van sy hoofkarakters, Lien se ma, Christien Jooste, vergeet het.

“Ek is baie bewus van die feit dat ‘n fliek en ‘n boek twee verskillende dinge is,”sê Derick, “en het daarom veranderings verwag.” Die aktrise wat Lien speel, het byvoorbeeld glad nie soos die karakter in sy kop gelyk nie. “Maar toe sy haar mond oopmaak, het ek geweet sy’s Lien.”

Lien word gespeel deur Carmen Pretorius, wat in teaterkringe bekend staan as die Prinses van Pantomime, vertel Liezl  Steffens, die produksiekoördineerder. Sy was Cinderella in Janice Honeyman se onlangse produksie en het ook M-Net se High School Musical-wedstryd gewen.” Bekende akteurs betrokke is Franci Swanepoel, Hykie Berg en Elize Cawood as die verslonsde Roos. André Odendaal is die regisseur.

Verfilming behoort teen 20 Maart klaar te wees en die fliek behoort in Junie uitgereik te word

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.