Gordimer onttrek aan die US Woordfees

2012-02-01 23:20

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

En daar faks Nadine Gordimer die US Woordfees!

Die Nobelpryswenner Nadine Gordimer, wat vanjaar by die US Woordfees vereer sou word met ’n profiel-aanbieding op die skrywersprogram en ook by ‘n tweede besprekingsgeleentheid sou optree, het Maandag per faks van haar uitgewer haar optredes gekanselleer. Die Woordfees het op 28 Julie verlede jaar ’n uitnodiging aan haar gestuur, wat sy aanvaar het.

In haar brief skryf Gordimer se uitgewer, me Terry Morris van Pan MacMillan, dat die publikasie van Gordimer se boek, No Time Like the Present, vervroeg is. Hulle werk nou saam met haar Britse uitgewer en die skrywer is daarom versoek om die naweek van 10 Maart – ‘n paar dae ná haar Woordfees -optredes  – Londen toe te vlieg om publisiteit aan haar boek te verleen. Hulle het egter in oorleg met Gordimer besluit twee sulke geleenthede sou te spanningsvol wees. Gordimer word vanjaar 88.

Die uitgewers het wel bygevoeg sou die US Woordfees aanstaande jaar weer plaasvind Pan MacMillan sy bes sal doen om te sorg dat Gordimer dit bywoon.

“Dit is vir die US Woordfees ’n geweldige teleurstelling dat ’n skrywer van Nadine Gordimer se statuur dit goed gedink het om op so ‘n laat stadium, ses maande nadat sy toegestem het om te kom, te laat weet dit kan nie meer gebeur nie,” sê Woordfeesdirekteur prof. Dorothea van Zyl.

“Ons voel ook baie jammer vir mense soos Mongane Wally Serote en die ander skrywers, vir wie dit ’n baie spesiale geleentheid was om saam met haar op te tree, maar wens haar nogtans die beste toe vir haar besoek aan Engeland.”

Die digter en skrywer Mongane Wally Serote sou ’n rede by die profielgeleentheid vir Gordimer gelewer het, en die kitaarduo CH2 sou by dié glansgeleentheid optree. Benewens die profielgeleentheid op 6 Maart, sou Gordimer op 7 Maart ’n voorlesing gelewer het saam met Serote, Gabeba Baderoon en Rustum Kozain.

Kozain het gister gesê skrywers soos Nadine Gordimer en Wally Serote is huishoudelike name en hy het veral daarna uitgesien om dié twee veteraanskrywers in gesprek te hoor met jonger stemme. “Dit sou spesiaal gewees het.”

Die organiseerders oorweeg dit om die groepgeleentheid voort te sit ondanks Gordimer se afwesigheid.

Kennisgewings oor aanpassings in die feesprogram sal op die fees se webwerf en in die media (www.woordfees.co.za) aangekondig word. Feesgangers wat reeds kaartjies vir Gordimer se optredes gekoop het, sal deur die Woordfeeskantoor gekontak en ten volle vergoed word. 

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.