Bougas wil groot eis

2012-02-01 23:00
Anthonie Bougas

Anthonie Bougas

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Die sanger Anthonie Bougas (20) het die ministerie van polisie in kennis gestel dat hy ’n eis van meer as R1miljoen weens onregmatige inhegtenisneming teen die polisie gaan instel.

Dié kennisgewing aan die ministerie is nog nie ’n dagvaarding nie. Die Polisiewet vereis dat enigeen wat ’n eis teen die polisie wil instel, binne ses maande ná die voorval waaroor die eis gaan, so ’n kennisgewing aan die polisie moet stuur.

Bougas, wat ’n sangtoer by skole in die Vrystaat onderneem en sy nuwe CD, Hartsoldaat, opneem, se prokureur, mnr. Piet van Staden van Oberholzer, het gister bevestig dat die kennisgewing aan die ministerie gestuur is. “Ek kry vandeesweek ’n advokaat se mening oor Anthonie se beoogde eis waarin tegniese aspekte in verband met so ’n eis deur die advokaat verduidelik sal word. Sodra ek dit ontvang het, sal ek en Anthonie praat oor die uitreiking van ’n dagvaarding.”

Die eis spruit uit Bougas se inhegtenisneming in Julie op aanklag van diefstal kort ná ’n optrede by die Laerskool Dagbreek in Carletonville. Verskeie leerlinge en onderwysers het die inhegtenisneming aanskou. Bougas het daarna gesê hy het ’n “nag van hel” saam met geharde misdadigers in die polisiesel deurgebring. Hy moes die hele nag vir hulle sing om te keer dat hulle hom misbruik.

Mnr. Victor Simelane, senior staatsaanklaer, het later die klag teen Bougas teruggetrek “omdat geen getuienis gevind kon word om die klag te bewys nie”. Die klag het verband gehou met ’n video wat Bougas van ’n jong sangeres gemaak het en waarvoor sy ’n deposito betaal het. Sy het die video gekanselleer en het beweer dat Bougas nie haar deposito terugbetaal het nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Senior C# MVC Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.