Arnie en Sly speel saam in riller
2012-02-10 22:03
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
LOS ANGELES. – Arnold Schwarzenegger en Sylvester Stallone gaan saam in ’n riller, The Tomb, speel.
Die regisseurs van die rolprent het bevestig dat Schwarzenegger ingestem het om saam met Stallone in die avontuurfliek oor ’n ontsnapping uit ’n tronk te speel.
Schwarzenegger het ’n paar jaar gelede ’n kameerol gehad in Stallone se The Expendables en hy is ook te sien in die opvolg van dié aksierolprent.
In The Tomb sal Schwarzenegger die rol vertolk van ’n gevangene, terwyl Stallone die ontwerper is van ’n tronk waaruit hyself moet ontsnap. Die regisseur is Mikael Hafstrom en verfilming sal binnekort in Louisiana begin.
Schwarzenegger sal binnekort die verfilming van The Last Stand afhandel. Dit is sy eerste hoofrol sedert hy verlede jaar uit die politiek getree het nadat hy van 2003 tot verlede jaar goewerneur van Kalifornië was. – Sapa-AP
- Volksblad