Adele mis dit om te vloek ná operasie
2012-02-10 22:03
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
LOS ANGELES. – Een van die moeilikste dinge om nie te kon praat nie terwyl sy van ’n operasie aan haar stembande herstel het, was om nie te kon vloek nie.
Die Britse sangeres Adele het die eerste keer sedert die operasie die stilte verbreek. Haar oplossing: Gebruik die app van ’n slimfoon.
“Die meeste van die apps laat nie vloekwoorde toe nie, maar die wonderlike ding is omdat ek dol is daarop om te vloek, het ek een ontdek wat dit toelaat en ek kon steeds my punt oordra,” het sy op die CBS-program 60 Minutes gesê.
Adele (23), wat benoem is vir ses Grammy-toekennings, het gesê sy het op ’n Franse radiostasie gesing toe sy gevoel het iets skort met haar stem. “Dit was asof iemand ’n sluier oor my keel getrek het.” Sy het gesê die ervaring was vir haar moeilik. – Reuters
- Volksblad