Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae

2010-06-03 01:01

VIRGINIA. – Die gruwelike wreedheid van die grusame en wreedaardige moorde op ’n bejaarde vrou van Allanridge en haar ongetroude dogter het hier in die hooggeregshof die eerste keer uit die lykskouingsverslae duidelik geword.

Mej. Helen Lotter (57) se dood is veroorsaak deur skerp trauma en beserings aan haar onderlyf toe sy en haar ma op 6 Maart 2009 in hul huis aangeval is.

Luidens die verslag van dr. Horst Bumba, wat as bewysstuk by die hof ingedien is, was mej. Lotter se voortande uit en haar hele liggaam was vol sny-, kneus en skaafwonde. Haar geslagsdele was vermink tot in haar ingewande, wat ook beskadig is. Met die lykskouing was daar geen uterus of serviks nie.

Hy beskryf die oorsaak van die beserings as “duidelike penetrasie met ’n skerp voorwerp”. Daar kon weens die omvang van dié beserings nie vasgestel word of sy verkrag is nie.

Luidens die verslag van dr. Wilhelm van Heusden is mev. Alice Lotter (76) dood weens verstikking en versmoring ná die inaseming van bloed weens penetrerende steekwonde in haar nek en keel.

Regter S.P.B. Hancke het gister in die binneverhoor in die verhoor van die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22) en Joseph Khumalo (21), bevind Hlongwane se bewerings dat hy deur die polisie gedreig, gedwing en voorgesê is wat hy in sy vroeëre bekentenis moet sê, is onwaar.

Regter Hancke het beslis dat Hlongwane die bekentenis, met detail-beskrywings oor hoe die aanval op die twee Lotter-vroue plaasgevind het en wat in hul huis gesteel is, vrywillig afgelê het en dit as getuienis toegelaat word.

Dit kom ná getuieis in dié verband deur landdros J.A. Smith van Wesselsbron voor wie die bekentenis afgelê is, asook kapt. Francois Laux wat by die uitwysings betrokke was, ao. James Mahlatsi, die ondersoekbeampte, en kapt. André Niemann wat Mahlahtsi na Smith in Wesselsbron gebring het.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.