Werksaamhede by landdroshof ontwrig

2010-08-25 03:31

Werksaamhede by die Bloemfonteinse landdroshof is gister ontwrig deurdat ongeveer 50 administratiewe werkers besluit het om te staak.

Dié tolke, klerke en ander personeel is ontevrede omdat hulle steeds nie vergoed is vir die oortydwerk wat hulle tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi in die sogenaamde Fifa-howe verrig het nie. Werknemers in die howe het toe daagliks van 07:45 tot 23:00 gewerk.

Daar is ook ontevredenheid omdat die werkers glo ingelig is dat hulle nie, soos ooreengekom is, teen ’n spesiale daaglikse bedrag vergoed sal word nie, maar volgens die bepalings van die basiese vereistes van indiensneming, wat bepaal hulle mag nie sonder spesiale vergunning meer as vier uur per dag oortyd werk nie.

Omdat daar nie skriftelike bewys van so ’n vergunning is nie, sou almal dus slegs vir vier uur van elke dag wat hulle gewerk het, vergoed word.

Die hofpersoneel het gisteroggend in kamer 103 van die landdroshof vergader en volgens ’n e-pos van ’n bestuurslid, kon howe 19 en 20, asook die Batho-hof, gevolglik nie gister enige sake aanhoor nie.

Betalings vir getuies kon ook nie uitbetaal word nie, omdat die beamptes verantwoordelik hiervoor ook gestaak het.

In die e-pos waarsku die bestuurslid die werkers dat hul staking onwettig is en dat teen hulle opgetree sal word.

Gistermiddag omstreeks 15:00 het afgevaardigdes van die departement van justisie die ontevrede werkers besoek en belowe dat die departement teen volgende week hul griewe sal aanpak.

Hulle sal ook volgens die oorspronklik ooreengekome voorwaardes vergoed word.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.