Wending in VS se padkrisis

2012-02-10 22:04

DIE maatskappy MRD Consulting Engineers (Edms) Bpk is nie gelys by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) nie en bestaan waarskynlik nie.

Die besigheidsadres, Jansenlaan 1 in Germiston, is volgens Google Maps ’n stuk oop veld.

MRD Consulting Engineers is die “maatskappy” van die omstrede tenderpreneur mnr. Jacob Dladla, en het ’n multimiljoenrandse kontrak by die Vrystaatste departement van polisie, paaie en vervoer gekry.

Dladla is slegs ’n direkteur van twee maatskappye, Ensemble Trading 295 en Pmplus Projects Strategy Consultants.

Dit is nie bekend in watter sektor die maatskappye besigheid doen nie.

Hy het bedank as direkteur van twee bourekenaar-maatskappye.

MRD is gekontrakteer as projekbestuursmaatskappy vir 12 van die omstrede 23 paaie wat herstel sou word in die provinsie.

Die herstelwerk aan dié 12 paaie sou R1,9 miljard beloop en werk aan die paaie is gestaak.

Daar was na bewering grootskeepse tenderbedrog met die aanstelling van MRD.

Dladla het glo van die kontrakteurs verwag om ’n “fooitjie” te betaal ten einde die kontrakte te kry.

Dladla, ’n voormalige munisipale bestuurder van die Mbombela-munisipaliteit in Nelspruit, is skuldig bevind aan aanklagte van bedrog wat onder meer verband hou met tenderongerymdhede met die bou van die stadion daar vir WB 2010.

Ná ’n lang arbeidsgeding het Dladla en die munisipale raad geskik.

Dladla is toe vort met ’n goue handdruk van meer as R1,5 miljoen.

Die oud-polisiekommissaris mnr. George Fivaz se Ramathe Fivaz Forensiese en Ondersoekende Rekenkundige Dienste het die beweerde tenderbedrog met die 23 kontrakte ondersoek.

Na verneem word, word in dié verslag, benewens grootskeepse bedrog, onthul dat Dladla miljoene in ’n Amerikaanse bankrekening het wat glo uit die Vrystaatse staatsgeldkas kom.

Die verslag sal binnekort voor die provinsiale uitvoerende komitee dien.

Daarna sal dit aan die ouditeur-generaal (OG) oorhandig word.

Die OG sal dit dan aan die staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) oorhandig wat dit daarna aan die publiek sal bekend maak.

Toe Volksblad gister Dladla om kommentaar nader, het hy sonder om ’n woord te sê die foon doodgedruk.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHRYSLER

Grand Voyager Limited 3.3 LWB AT MPV
2003
R 184,500.00

TOYOTA

Corolla 140i GLS
2006
R 102,990.00

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.