Wag kritiek ná baksteenaanval
2010-09-09 08:46
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Kaapstad – ‘n Sekuriteitswag by ‘n vulstasie veg om sy lewe in ‘n hospitaal nadat hy tydens 'n staking deur werkers van die motorindustrie in Kaapstad aangerand is, berig Iol.
Die 31-jarige het ernstige kopbeserings en verskeie skedelbreuke opgedoen tydens die aanval. Hy is met ‘n baksteen aangeval en is in ‘n kritieke toestand in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal.
Volgens Lauren Copley, woordvoerder vir Netcare 911, het ‘n groep stakende betogers by ‘n vulstasie in Brackenfell die sekuriteitswag met ‘n baksteen aangerand.
Die man is Woensdagmiddag geopereer.
Lees meer by iol